Gisele Bündchen is een van Brasilië se groot uitvoerprodukte
FOTO: Instagram (@giseleofficial)

Gisele Bündchen is een van Brasilië se groot uitvoerprodukte FOTO: Instagram (@giseleofficial)

Het jy gehoor?

Ons sokker-inspirasie: Brasilië se Gisele

As een van Brasilië se grootste uitvoerprodukte word die supermodel Gisele Bündchen gesien as die nie-amptelike gesig van vanjaar se Fifa-wêreldbeker-sokkertoernooi. Kry haar styl só!

Gisele se sprankelende gelaat

Om haar voorkoms te kry, moet jy eerstens haar sprankelende gelaat kry. Met dié dat dit winter is, kan jy dalk nie in die son lê nie, maar danksy verbronsers is dit nie meer die enigste manier om ’n sonbruinvoorkoms te kry nie!

Suid-Afrikaner praat oor sy ontmoeting met Gisele

Gebruik ’n verbronser wat omtrent een skakering donkerder as jou onderlaag is om kontoerlyne oor jou gesig te trek. Begin bo jou oogbank en trek die lyn dan in ’n halwe sirkel tot onder jou oog. Van hier kan jy nóg ’n halwe sirkel trek wat onder jou wang om tot teen jou ken loop.Trek nou ook halwe sirkels aan die ander kant van jou gesig en onthou om die verbronser goed te skakeer. Vir ekstra glans kan jy ’n verbronser met ’n goue basis gebruik.

Die perfekte kombinasie van blond en brunet

Die volgende groot stap is Gisele se haarkleur. Die model kleur haar hare bronde, ’n proses waar jou hare met twee verskillende ligter skakerings wat in mekaar vloei “geverf” word. Die resultaat? Die perfekte skakering tussen blond en brunet – dit lyk kompleet asof die son jou hare ligter gekleur het.

Voorbladmooi

Gisele en die Brasiliaanse sokkerspeler, Neymar op die voorblad van Vogue

Gisele en die Brasiliaanse sokkerspeler Neymar op die voorblad van Vogue.

Gisele lyk lig en vars in dié wit rok op die voorblad van Vogue. Haar uitrusting word perfek afgerond met die silwer armbande wat sy aan albei gewrigte dra. Kombineer jou wit rokkie met sykouse om die winter se ergste koue vry te spring – swart, bruin, grys, vlootblou of selfs neutrale skakerings sal mooi lyk. Ons is mal oor dié rokkie se interessante kraag!

Gisele_Neymar_Vogue-Brazil_02

Die klein swart nommertjie bly ’n treffer – dag of nag, deftig of informeel … as jy bang is jy lyk te deftig, kan jy tekkies by jou swart rokkie dra. Tekkies is immers een van dié seisoen se grootste trends.

Hou jou grimering natuurlik met ’n bietjie verbronser, oogomlyner, maskara en ’n perske skakering lipstiffie en kam al jou hare bo-oor een skouer om Gisele se voorkoms te vervolmaak.

Haarwenk! Maak die hare wat van die teenoorgestelde kant af gekam word, vas in ’n poniestert teen jou nek. Steek nou die boonste hare wat nog los is vas bo-oor die poniestert. Sodoende sal jou hare in die regte posisie bly sonder haarsproei!

Sexy in swart

Deftig in swart voor 'n mode-vertoning FOTO: Instagram (@giseleofficial)

Deftig in swart voor ‘n modevertoning.
FOTO: Instagram (@giseleofficial)

Haar swart noupypbroek en hakskoene beklemtoon haar slank figuur, terwyl die oorgroot jas en handsak modern lyk. Rond die voorkoms af met ’n hoë bolla en lipstiffie in ’n bessie skakering.

Rond jou voorkoms af met Brasiliaans-geïnspireerde naellak