Het jy gehoor?

Ons splinternuwe voorblad: Jay en Lianie + VIDEO

As die Afrikaanse musiekbedryf ’n melkweg was, was dié 14 beslis onder die blinkste sterre. Elkeen het op hul unieke manier hul stempel op die musiek-landkaart afgedruk – of dit nou Steve Hofmeyr is wat al dekades lank ’n legende is, Juanita du Plessis wat 15 jaar terug die bedryf soos ’n tsoenami getref het, of Karlien van Jaarsveld en Riana Nel wat onlangs almal laat regop sit het.

Een ding is egter duidelik: Afrikaans is nie net groot nie, dit raak al hoe groter! Nog nooit het ons soveel sterre in so baie genres in ons eie taal gehad nie.

Lees in ons Oktober-uitgawe meer oor Steve, Juanita, Bok, Bobby, Karlien, Jannie Moolman, Corlea, Theuns, Jak, Robbie en Riana Nel.

[box:full:red:both]

Wat jy nie van Jay en Lianie geweet het nie

  • Lianie se jongste CD, Lank lewe die liefde, en haar duet-CD saam met Jay, Bonnie en Clyde, het albei al platinumstatus (verkope van 40 000) verbygesteek.
  • Wat jy nie van Lianie geweet het nie: “Ek is ’n people pleaser. Dis nie altyd ’n goeie ding nie, want mense kan my maklik misbruik. ek is ook ’n perfeksionis.”
  • Jay se grootste treffer, “Melanie”, en die gelyknamige album het hom twee Huisgenoot-tempo-toekennings asook twee SAMA-benoemings besorg.
  • Jay gebruik net sy eie mikrofoon vir vertonings en kan eenvoudig nie optree sonder sy gunsteling-gordel en sy blikkie Zam-Buk-salf nie!

[/box]


KYK DIE VIDEO VAN JAY EN LIANIE SE VOORBLADSESSIE


  • Janeen

    Dankie vir die pragtige artikel oor Jay en Lianie. Ek is absoluut mal oor die twee.

  • lynn

    Fantasties, uitstekend, woorde kan dit nie beskryf nie.

  • hans reuter

    ek is nou seker baie ver agter,my seun van 21jr kom na n naweek se kuier by die huis en natuurlik met n flashdrive,soos hulle die se,vol allerande goed op,onderandere die fiek’platteland’.ek het tot n week of twee terug nog nie daarvan gehoor nie,maar was ek nou verbaas,ek het dit so geniet om n slag net afrikaans te hoor en hierdie sangers van ons het net die ding om te kan toneelspeel by gekry en dit is n bewys hoe ernstig hulle oor afrikaans en sy mense is.knap gedaan en maak nog asb

  • Johan B

    Goed, maar wees net versigtig met name en hulde blyke. Dit kos meer as een treffer om ‘n ster van iemand te maak. Ook ‘n bietjie dik vir ‘n daalder om Steve H ‘n legende te noem. In die 1ste plek moet jy dood wees voor jy ‘n legende genoem kan word en tweedens het hy naam probeer maak nie met Afrikaans nie, maar om sangers soos Neil Diamond na te boots. My ander probleem is dat daar min oorspronklikheid in Afrikaanse musiek is, behalwe vir sangers soos Dozi en ‘n klompie sangers hier in die 1970’s en tagtig’s. Die res is dikwels ‘n kruis tussen ‘n geteem en die banaal. Waar is ons weergawe van die Beatles wat Afrikaans op die landkaart sal plaas met ‘n nuwe klank.

  • Dinesh

    KeuschnigWarum gleich beideligt, wenn Widersprfcche angesprochen werden. Dass Sie unfair argumentieren, zeigt doch Ihr Vorwurf des beheizten Bfcros von Lammert. He4tte ein unbeheiztes Bfcro etwas verhindert oder nfctzte es einem Opfer?Sie gehen nicht darauf ein, dass V-Leute als Rechtsextreme angeworben wurden. Man wusste genau, dass sie weiterhin dieses Gedankengut besadfen . Nach Aussagen einiger Ex-Rechtsextremer, wusste auch die Gruppe stets um die Rolle des V-Mannes und man sprach die Informationen an den Verfassungsschutz ab und kassierte. Zum Teil 6stellige Betre4ge! Das ist ein Skandal.Allein urse4chlich, sicher nicht, aber dass die aussichtslose Arbeits- und Ausbildungssituation viele Jugendliche in Kontakt zu Rechtsradikalen kommen liedf, belegen viele Untersuchungen. Was we4ren denn sonst Ihre angemahnten sozialen Aktionen?Dass ein Mitglied aus gutem Hause war, ist ein doch kein ernstzunehmer Einwand, wir sind doch hier nicht bei Poppers Falsifikation. Es wird auch irgendeinen netten Rechtsradikalen geben.Ich teile doch Ihre Wut und Empf6rung fcber den Rechtsradikalismus, ich kann nur nicht wie Sie sofort die Schuldigen ausmachen und gute Ratschle4ge geben, die das Problem angeblich lf6sen werden oder doch zumindest die Situation sehr verbessern.Dass bei einer Bevf6lkerung von 80 Mill. immer ein paar Hundert oder auch paar Tausend ideologisch verblendete und hasserffcllte Menschen vorhanden sein werden, muss ich glaube ich nicht grodf belegen. Schauen Sie mal in die frfcher als so liberal geltenden Le4nder wie De4nemark, Norwegen, Finnland oder in die Niederlande.Idioten war zugegeben als flapsige Charakterisierung gemeint, nicht als Feststellung der Intellektualite4t der Rechten. Normalerweise he4tten Sie das normalerweise auch so kommuniziert, aber Sie haben sich halt gee4rgert.Tut mir leid, wenn ich Sie gekre4nkt haben sollte. Ich ging davon aus, dass jemand, der gegen viele kre4ftig austeilt, auch ein wenig einstecken kann.