Cameron van der Burgh wys sy Olimpiese goue medalje in SARIE. Oktober 2012
FOTO Phyllis Green

Cameron van der Burgh wys sy Olimpiese goue medalje in SARIE. Oktober 2012 FOTO Phyllis Green

Het jy gehoor?

Ons swemmers doen dit weer! #TrotsSA

Gee vir hulle 2 dae in Doha en die SA swemspan swem 10 medaljes los!

Chad le Clos, Cameron van der Burgh, Michael Meyer, Giulio Zorzi en Douglas Erasmus het tussen gister en eergister weer SA se naam hoog gehou met hul prestasies in die swembad by die Wêreldbeker-byeenkoms.

Chad le Clos

Chad het 4 goue medaljes losgeswem (100 m-vlinderslag, 200 m-vlinderslag, 100 m-vryslag en 50 m-vlinderslag).

Cameron van der Burgh

Cameron stap weg met 3 medaljes (goud vir die 100 m-borsslag en 50 m-borsslag en brons vir die 200 m-borsslag).

Netwerk24 berig dit lyk asof Cameron vir die derde keer in die Wêreldbeker-reeks as die algehele beste manlike swemmer gekroon sal word.

Michael Meyer

Michael, ’n student in omgewingswetenskappe aan die Universiteit van Arizona, het silwer vir die  200 m-wisselslag gewen.

Giulio Zorzi (links)

Giulio het tweede plek behaal in die 50 m-borsslag.

Douglas Erasmus (regs)

Douglas het derde plek behaal in die 50 m-vryslag.

Addisionele bronne: Netwerk24, Fina