Het jy gehoor?

Ons toets selluliet-produkte

Daar is hoop teen selluliet! Somer bring nuwe lus vir die lewe. Selfs vir jou somerlyf is daar ‘n nuwe begin. In die November-uitgawe van SARIE wys skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, ‘n paar produkte teen selluliet. Plus: Daar is ‘n eet- en oefenplan spesiaal deur kenners vir jou opgestel

SARIE se redaksie het óók 3 nuwe sellulietrome op die proef gestel:

“Saam met Clarins High Definition Body Lift (R460) word Clarins Self-Massage Body Contouring Method aanbeveel. Met dié masseertegniek duur dit net lank om aan te wend, sowat 15 minute. Ek het beslis ‘n verskil agtergekom dadelik ná aanwending (dit het so ‘n koue gevoel): My vel het fermer en my bene ligter voorgekom, aangesien die room help met die natuurlike dreinering van oortollige olies. Ek kon nog nie sien of die selluliet verminder het nie, maar my vel lyk beslis gladder.” – Odette Peiser

Clarins High Definition Body Lift

Gina Oosthuizen

“Ek het Nivea Good-bye Cellulite (R99,99)
3 weke lank elke oggend gebruik.
Ek kan nie agterkom dat die selluliet
minder is nie, maar my vel is beslis
baie sagter op die dele waar ek die room
aangesmeer het. Dit lyk en voel ook fermer.
Ek is seker as ek dit nog ‘n rukkie gebruik,
sal ek ‘n verskil in die selluliet begin sien.
My vel het tintelend gevoel op die dele
waar ek dit aangewend het –
ek neem aan dis die ekstra L-karniteen
in die produk wat die bloedsomloop aanhelp.”
Gina Oosthuizen


Nivea Good-bye Cellulite
Hanri Gerischer “Ek het elke oggend en die meeste aande
RoC Retinol Anti-Cellulite Intensive (R315)
aangesmeer. Die eerste ding wat ek van die
begin af opgemerk het, is dat my vel fantasties
sag en ferm is. Dit het bly verbeter,
maar die dimpel-effek is nog daar.
Die room absorbeer vinnig,
so jy kan dadelik aantrek.
Dit ruik ook heerlik.” – Hanri Gerischer
RoC Retinol Anti-Cellulite Intensive

Lees môre wat sê die manne oor selluliet – Neil Sandilands en Jan Blohm

  • Ems

    Met daardie prysklas….dan liewer selluliet wat soos brooddeeg lyk en `n lekker warm chiabatta brood om te eet!! (steeds duur maar tog sooo lekker)

  • elize

    wat wel werk,is annique se selluliet jel..Dit laat nie die dimpels verdwyn nie, maar beslis die sentimeters!

  • La Provance Skin het ‘n nuwe generasie sellulietbehandeling wat vanaf Januarie 2011 beskikbaar is. Dit help baie beslis vir die selluliet, jou vel is fermer en selluliet verdwyn!! jA – JY MOET DIT ELKE DAG GEBRUIK maar dit is beslis die moeite werd – resultate binne 3 weke sigbaar!! Ons is nog besig met die website, so dagboek ons – http://www.laprovanceskin.co.za vir meer inligting. Ons behoort die week van 16 Februarie op die lug wees. AMAZING resultate!!! EN BEKOSTIGBAAR VIR ALMAL!!