Screen Shot 2015-05-14 at 7.53.58 AM
Het jy gehoor?

Ons top-5 rokke by Cannes-filmfees

Ligte, kameras, aksie! Die 68ste Cannes Filmfees het gisteraand afgeskop in Frankryk. Die sterre op die rooi tapyt het glad nie teleurgestel nie. Hier is ons gunstelinge:

Oscar-wenner Julianne Moore het die koppe laat draai met dié skepping deur Giorgio Armani Privè. Die krale-detail en geveerde bostuk het gesorg vir indrukwekkende tekstuur.

#juliannemoore rocking the carpet earlier today #becausewecannes #lorealista #worthit

A photo posted by L’Oréal Paris Official (@lorealparisofficial) on

Lupita Nyong’o se groen Gucci-rok was nie net uniek nie, maar ook pragtig. Die chiffonromp het fotograwe op die rooi tapyt gefassineer. Haar haarstyl is geïnspireer deur vroue in Uganda. 

Naomi Watts het ook beeldskoon gelyk in ’n grys rok deur Elie Saab. Die romp met geveerde detail is gekombineer met ’n bo-stuk waarop pêrels en blinkers gewerk is.

Naomi watts looking flawless on the opening night #cannes2015 #cannesxloreal #redcarpetlive #naomiwatts

A photo posted by L’Oréal Paris Official (@lorealparisofficial) on

Sienna Miller in ’n vlootblou Lanvin-eenskouerrok saam met Jake Gyllenhaal. Die swart strik op die skouer het die rok perfek afgerond. 

Ons is ook mal oor Natalie Portman se skouerlose rok deur Dior. Die eenvoud daarvan laat dit uitstaan. Hier is sy saam met haar man, Benjamin Millepied, op die rooi tapyt.