SARIE se redakteur, Michélle van Breda, saam met die twee Voorbladgesig-wenners, Nicola Smit en Elmaré Schutte
FOTO Nina Kirsten

SARIE se redakteur, Michélle van Breda, saam met die twee Voorbladgesig-wenners, Nicola Smit en Elmaré Schutte FOTO Nina Kirsten

Het jy gehoor?

Ons Voorbladgesigte vanaand op Bravo!

Op SARIE se Oktober 2016-uitgawe verskyn daar twee gesigte, elk op haar eie voorblad! Een kom van Pretoria en die ander van Kraaifontein. Ons Voorbladgesig-wenners – elk met haar eie besonderse storie.

Op Sondag 4 September is Elmaré Schutte (41) van Pretoria en Nicola Smit (22) van Kraaifontein gekroon as die wenners van SARIE se 6de Voorbladgesigkompetisie. En vir die eerste keer in die geskiedenis het SARIE twee verskillende voorblaaie vir één uitgawe. Oktober is die perfekte maand vir hierdie gebeurtenis. Die ontslape digter, skrywer en dokter C. Louis Leipoldt hét mos gesê: “Oktober is die mooiste, mooste maand!”

Vanaand is dié glansgeleentheid op kykNET se Bravo! (kanaal 144) om 20:00. En lesers kan sien hoe bekendes soos aktrises Jana Strydom, Diaan Lawrenson, Theresa Benade, die Blitsbok Werner Kok en oud-Voorbladgesig-wenners saam met SARIE en ons top 10-finaliste gekuier het.

Bravo! (kykNET) het die aand saam met ons gekuier. Hier praat hulle met SARIE-redakteur, Michélle van Breda FOTO Nina Kirsten

Bravo! (kykNET) het die aand saam met ons gekuier. Hier praat hulle met SARIE-redakteur, Michélle van Breda
FOTO Nina Kirsten

Ons Voorbladgesig-wenners, Elmaré en Nicola, saam met die aktrise Diaan Lawrenson FOTO Nina Kirsten

Ons Voorbladgesig-wenners, Elmaré en Nicola, saam met die aktrise Diaan Lawrenson
FOTO Nina Kirsten

Kyk die voorskou hier:

Nicola, wat erken sy is eintlik ’n introvert, sê hierdie ervaring het haar lewe verander. Vir jare het sy nie die mooi binne en buite raakgesien nie. En sy het ’n stryd met min selfvertroue.

Dié ervaring het my geheel en al uit my gemaksone geneem. Ek móés sosialiseer, uit my dop uit kruip.

- Nicola Smit

 

nicola smit

En die blondekop Elmaré stry teen talle gesondheidsprobleme – twee outo-immuunsiektes: Crohn se siekte en ankiloserende spondilitis, ’n soort artritis. Maar sy bly positief en kry dié ingesteldheid by haar pa, Viv du Plessis.

As ek “af” is, motiveer hy my deur te sê ek moet eenvoudig soggens opstaan, stort, aantrek en werk toe gaan.

- Elmaré Schutte

elmaré schutte

Lees meer oor hierdie twee merkwaardige vroue in SARIE se Oktober-uitgawe – nóú te koop!

* SARIE Voorbladgesig 2016 in samewerking met Max Factor.

Lees nou

Katy Perry kon nie ophou huil nie

FOTO’S: Neels van Jaarsveld se baba!

Jackie Burger? Styladvies? Kry dit hier