Het jy gehoor?

Ons voorbladgesig-wenner in ‘n musiekvideo

Hoe’t jy híér beland?
Bouwer het aanvanklik gesê hy dink ek is baie fotogenies ,en hy het iemand nodig gehad om saam met hom in sy musiekvideo te speel. Hy het die idee vir die liedjie by Aardklop gekry, en dit vinnig daarna neergepen. Die video is twee weke later geskiet. Alles het baie vinnig gebeur!

Was dit ‘n lekker ervaring?
Dit was ‘n great ervaring! Blimp Films is ongelooflik en hulle het my so gemaklik laat voel voor die kamera. Ek doen hierdie dinge want dit dwing my om uit my gemaksone te kom en dit verryk my lewe. Dis baie exciting! Mens wil sommer onmiddellik vriende raak met die mense agter die skerms, en jy sien ook hoekom Bouwer so groot naam maak in Afrikaanse musiek as jy hom sien werk.

Hou jy van Bouwer se musiek? Is julle vriende?
Ek is mal oor Bouwer se musiek, en was nog altyd ‘n groot fan van Straatligkinders (Bouwer is deel van die groep) en sy akoestiese sets is regtig iets wat mens se hart aanraak. Ja, ons is vriende, ek dink hy is baie snaaks! Dit is regtig assof Jesus hom op ‘n ongelooflike manier gebruik om deur musiek in mense se lewens te werk. Ek weet van baie mense in wie se lewens Straatligkinders se musiek ‘n groot verskil gemaak het. Hy is ook betrokke by baie ander projekte soos Dans Dans Lisa en ek dink hy en Deon maak baie goeie musiek saam. Hulle maak my trots om Afrikaans te wees.

Watter ander plaaslike musiek luister jy graag na?
Ek luister graag na Van Coke Kartel, en Jeremy Loops maak my baie trots Suid-Afrikaans. Jy kan nooit verkeerd gaan met aKing nie. Dan Foto na dans ook! Ek’s mal oor Lark, Tidal Waves en natuurlik Die Heuwels Fantasties, asook die Tuindwergies en Desmond and the Tutus.

In watter internasionale ster se musiekvideo sal jy graag wil speel?
Bon Iver of Mumford & Sons

Bouwer se album, Almal maak voute, is nou beskikbaar. Hier’s die video: