Het jy gehoor?

Ons vra vir ons lesers en bekendes: Die beste geskenk is …

 

Ons het vir ons SARIE.com-lesers én van SA se bekendes gevra wat die beste geskenk is wat hulle al gekry óf gegee het.

Elma Postma, Bea in Binneland

“Geskenke en die grootte van die geskenk was nog nooit vir my belangrik nie. Ja, ek sal nie nee dankie sê vir ’n parfuum of juwele of iets wat met die hand gemaak is nie, maar ek sien dit eerder as ’n geskenk om my mense om my te hê.”

 

nianell_smile2

Sangeres Nianell

“Ek is glad nie groot op geskenke nie, ’n geskenk vir my is om tyd saam met die mense te spandeer vir wie ek lief is, daarom kry ek hierdie Kersfees die beste geskenk!”

FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

Angelique Gerber

(voormalige 7de Laan-aktrise, televisie-aanbieder en mode-ontwerper)

“Ons is nie groot geskenk-mense gedurende Kersfees nie, omdat dit die gedagte is wat tel en nie die geskenk nie. Maar ek is seker ’n jonger Angelique sou gesê het: my Barbie, Barbie-kar, Barbie-skoene! Ek was absoluut mal oor Barbie!”

 

 

 

SARIE.com-blogger Joyce Kuter (FOTO: Anli Wahl)

FOTO: Anli Wahl

Joyce Kuter, SARIE.com se borskankerblogger

Hierdie Kersfees is dit ’n jaar vandat ek met kanker gediagnoseer is. Om saam met mense en familie te kon wees in ’n tyd waar daar so baie onsekerhede was en steeds te weet dat elkeen van hulle agter my staan – no matter what! Die hoeveelheid liefde en ondersteuning wat ek ontvang het op Kersdag 2012 toe die hele familie bymekaar was, was die beste geskenk wat ek nog ooit ontvang het. Die gevoel wat dit in jou binneste los is onbeskryflik …

Hierdie Kersfees vier ons ’n fees van gesondheid en die geskenk van lewe. En dís ’n voorreg!!

Lees Joyce se blog HIER.

Sanger Elvis Blue

“Ek verjaar oor die Kers-seisoen (28 Desember), daarom is ek baie gelukkig om altyd báie dinge te ontvang. Maar ek dink die laaste paar jaar is ’n rustige tyd by die huis die heel lekkerste!”

FOTO: Aubrey Jonsson

FOTO: Aubrey Jonsson

Nadia Valvekens, Pippa van Binneland

“Die heel beste geskenk is die tyd wat ek saam my die spesiale mense in my lewe spandeer.”

Vicky Davis

(voormalige 7de Laan-aktrise, televisie-aanbieder en -vervaardiger)

’n Lugsprong! (sky dive)

Ons SARIE.com-lesers

Ons het op ons Facebook-blad gevra wat is ons SARIE.com-gebruikers se beste geskenke nóg en dít is wat hulle gesê het:

1 2 3 4