IMG_0033
Het jy gehoor?

Ontbytpastei vir ’n gatskop-dag

Begin jou dag met hierdie maklike ontbytpastei. Jy kan natuurlik ook jou dag eindig met ontbyt en die pastei voorsit as aandete, oftewel brinner – die nuwe gier op almal se lippe, waar ontbyt aandete word. Hier is ons maklike resep met net 5 bestanddele!

Jy het nodig

• 1 vel blaardeeg
• 8 bruin sampioene, gesny
• 250 g gekapte spek
• 100 g beleë cheddarkaas, gerasper
• 3 gekookte eiers, afgedop
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 eier, liggies geklits

Stap 1

Verhit oond tot 180 °C. Plaas vel blaardeeg op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier.

IMG_9945

Stap 2

Verdeel deeg denkbeeldig in drie. Pak sampioene in die middelste 1/3 van die deeg.

IMG_9961

Stap 3

Pak gekapte spek bo-op sampioenskywe.

IMG_9966

Stap 4

Sprinkel kaas oor spek.

IMG_9971

Stap 5

Pak gekookte eiers bo-op kaas en geur liggies met sout en peper.

IMG_9975

Stap 6

Maak 1 cm breë snye in die deeg weerskante van die vulsel. Vou die snye om die beurt oor die eiers.

IMG_9979

Stap 7

Verf hele pastei met geklitste eier. Plaas in warm oond en bak vir 20 tot 25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor.

IMG_9997