Die Welmans
FOTO: 7de Laan

Die Welmans FOTO: 7de Laan

Het jy gehoor?

Ontmoet 7de Laan se nuwe gesin

Dis die jaar dat groot karakters soos Paula van der Lecq (Diaan Lawrenson) en Gita McGregor (Jo da Silva) 7de Laan groet. Nou is daar ’n nuwe gesin in die Laan: Welmans. Die sepie het vanoggend hul nuwe gesin bekend gestel en ons is verskriklik opgewonde om dié karakters in aksie te sien.

Maar in die Laan is die Welmans ou bekendes.

Die Welman-gesin het jare gelede in Hillside gewoon voordat hulle na die Oos-Kaap verhuis het. Chris (55) en Mariaan (52) was vir die laaste vyf jaar in die buiteland.

David Rees, wat bekend was as Niek Naudé in Egoli (1992-2010), speel Chris Welmans, ’n geharde sakeman en eiendomsontwikkelaar wat sy portefeulje wil uitbrei. En sy vrou, Mariaan, word deur Deirdre Wolhuter gespeel.

Niks is vir haar belangriker as haar gesin en die beeld wat hulle uitstraal nie.

Chris Welman

Chris Welman, gespeel deur David Rees

Mariaan Welman

Mariaan Welman, gespeel deur Deirdre Wolhuter

Die paartjie het drie kinders: Rickus (28), Alexa (26) en Amorey (22). Rickus is lief vir sport en stamp gereeld kop met sy pa. Alexa is ’n mediese dokter en gee haar ouers geen grys hare nie. En Amorey is energiek, spontaan en die middelpunt van aandag.

Rickus Welman

Rikus Welman gespeel deur André Lotter.

Alexa Welman

Alexa Welman gespeel deur Carina Nel

Amorey Welman

Amorey Welman gespeel deur Kristen Raath

Foto’s verskaf deur 7de Laan.