FOTO:  Vintage Media

FOTO: Vintage Media

Het jy gehoor?

Ontmoet Ballade vir ’n enkeling se nuwe Jacques Rynhard

Armand Aucamp was net twee toe Ballade vir ’n enkeling die eerste keer uitgesaai is. Maar om Jacques Rynhard te speel is vir hom ’n droom wat waar word.

Armand, wat onlangs die rol van Ben Kruger in kykNET se Sterlopers gespeel het, is die afgelope week aangewys as die nuwe Jacques Rynhard in die moderne fliekweergawe van die ikoniese reeks. Dié fliek sal in 2015 uitgereik word.

Ballade vir ’n enkeling keer terug!

Armand Aucamp gaan die rol van Jacques Rynhard in die moderne fliek-weergawe van Ballade vir 'n enkeling speel

Armand Aucamp gaan die rol van Jacques Rynhard in die moderne fliek-weergawe van Ballade vir ‘n enkeling speel

Hoewel hy net twee jaar oud was toe die eerste reeks in 1989 uitgesaai is, ken Armand dié ikoniese reeks goed.

“Die klankbaan sal ek áltyd onthou – ‘Tussen treine’, ‘Ballade vir ’n enkeling’ en ‘Voshaarnooi’,” onthou die akteur.

Brümilda van Rensburg onthou die dae van Ballade

“Ek dink die geleentheid om hierdie ikoniese stories weer oor te vertel, is nie net ’n ongelooflike uitdaging nie, maar ook ’n groot voorreg waarna ek verskriklik uitsien,” vertel hy opgewonde.

Armand, wat tydens die oudisies vir die rol in Kaapstad gewoon het, wou só graag lewe aan Jacques Rynhardt gee in vandag se tyd dat hy self ’n vliegkaartjie sou koop om in Johannesburg te oudisie. “Ek kón net nie die geleentheid om te oudisie misloop nie!”

Armand het ook ’n rol in ’n Amerikaanse TV-reeks gekry

Maar gelukkig vir Armand én sy beursie het die oudisiespan ook ’n Kaapse draai gemaak. “Ek verpes oudisies, maar ek het Sterlopers saam met die regisseur Quentin Krog geskiet, so die geleentheid om weer vir hom te oudisie, het my effe kalmeer,” onthou hy dié stresvolle dag.

Nou is Armand opgewonde om aan dié fliek te begin skiet. Hy sien veral uit daarna om saam met Afrikaanse sterre soos Donnalee Roberts, Jacques Bessenger en Rolanda Marais te werk.

Rolanda Marais soek Kansa se nuwe ambassadeur

“Om nie eens te noem dat dit ’n eer is om lewe te gee aan Leon van Nierop se teks nie,” sê hy ook oor die skrywer van Ballade vir ’n enkeling. Dié storie se boekweergawe word in Augustus vanjaar uitgegee.

Leon het vroeër vanjaar aan SARIE.com vertel dat hulle nie die fliek sal maak as hy nie voel die perfekte Jacques is gekies nie.

“Die akteur wat sy [Jacques se] rol speel moet gewig en sjarme hê,” het die Ballade-skrywer verduidelik.

Gavin van den Berg het destyds die rol van Jacques vertolk.