FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jy kan vir Brad Pitt ontmoet, maar dit gaan jou kos!

Hoeveel sal jy betaal om jou gunsteling-ster te ontmoet? Wel, as jy vir Brad Pitt wil ontmoet, gaan dit jou ongeveer £15 000 (meer as R265 000) uit die sak jaag.

Brad bied vir 10 mense die geleentheid om hom te ontmoet en saam met hom ’n konsert van Kings of Leon en Bruno Mars te kyk.

Maar gelukkig is als vir ’n goeie doel. Dié geld wat hy insamel word aan sy liefdadigheidsorganisasie Make It Right geskenk wat huise bou vir gemeenskappe en mense in nood.

Maddox, Angelina en Brad  FOTO: Gallo Images / Getty Images

Maddox, Angelina en Brad
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dié konsert vind vanjaar op 17 Mei in New Orleans plaas wat in 2005 deur Orkaan Katrina getref is.

Jy kan jou kaartjie op Groupon koop en die eerste 10 mense wat  £15 000 skenk, kan vir Brad ontmoet. Daar is ook ’n gelukkige trekking, maar dít is ongelukkig net beskikbaar vir die Britte, Franse en Duitsers.

Brad het in 2007 saam met die ontwerper William McDonough Make It Right gestig om 150 huise vir gesinne in New Orleans te bou. Sowat 100 van dié huise is al voltooi.

Klik HIER vir meer inligting.

BRON: Mirror