Het jy gehoor?

Ontmoet die karakters van ‘Bloedbroers’

Vanaand om 20:30 begin Deon Opperman se nuutste dramareeks, Bloedbroers, op kykNET (DStv-kanaal 144).

Dit volg die lewens van vier vriende vanaf hul twintigerjare. Hulle loop saam ’n pad van 1914 tot 1948, deur die twee Wêreldoorloë, die Depressie in die vroeë 1930’s, en uiteindelik die spanning tussen die twee politieke partye van daardie tyd, die Natte en die Sappe.

bloedbroers

Anders as Deon se vorige trilogie van Donkerland, Kruispad en Hartland, wat gefokus het op die plattelandse geskiedenis van die Afrikaner, sal Bloedbroers die stedelike Afrikaner se pad uitbeeld. Dit is ook die eerste reeks van ’n trilogie.

Ontmoet die karakters van Bloedbroers

Rolanda Marias as Ingrid

Neels van Jaarsveld as Willem Pretorius

Zetske van Pletzen as Jaqueline Visser

Altus Theart as Gerhard Visser

Gustav Gerdener is die verteller van 'Bloerbroers', P.G. Retief

Jenna Dunster as Ina van Deventer

Hykie Berg as Bennie Naudé

Marlee van der Merwe as Soekie

Lees ook