Het jy gehoor?

Ontmoet die Mooirivier-karakters wat jou hart gaan steel – Bennie Fourie en Bouwer Bosch

Nóg ’n Afrikaanse fliek met van jou gunsteling-akteurs begin in Februarie 2015 in teaters draai. Mooirivier – Liefde wen, altyd is ’n nuwe fliek van die vervaardigers van Klein Karoo. 

Die storie

Dis Paastyd in Potchefstroom en vyf paartjies – van 12 tot 40 jaar oud – gaan op ’n ontdekkingstog oor waaroor die liefde eintlik gaan.

Die karakters

Die karakters gaan jou hart steel, jou laat lag én laat huil. Hierdie week stel SARIE.com van die karakters bekend om jou nóg meer na dié fliek te laat uitsien.

Bennie Fourie (Spys) en Bouwer Bosch (Arnoldus)

Spys (22) is sportmal en sy koshuis se rugbykaptein. Arnoldus (23) is ’n dwarsfluitspeler en musiekstudent. Die twee is in ’n soort oorlog gewikkel met mekaar en bestee hul Paasvakansie daaraan om poetse op mekaar te bak.

Spys is een van Ian (Danie Putter) se beste vriende, mal oor proteïndrankies, wife beater-hemde en stywe kortbroeke. Arnoldus is ’n meer tingerige musiekstudent, maar met ’n passie vir martial arts.

mooirivier bennie en bouwer

FOTO: Twitter  @MooirivierFilm

Bouwer Bosch, Bennie Fourie en Leandie du Randt op die stel van Mooirivier FOTO: Twitter @MooirivierFilm

Kyk hier na die lokprent van Mooirivier

WEN R95 000 se pryse met Mooirivier-fliek – klik HIER

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie – dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!

Lees ook