FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Ontmoet die regte Paul en Candice

In Paul Rothmann en Candice Boucher steek daar baie meer as wat jy op die (baie aantreklike) oppervlak kan sien. Dié bekende paartjie leef volgens hul eie reëls . . . en dis ook hul wens vir hul pasgebore seuntjie.

Hy is al vir 18 jaar ’n bekende gesig op TV as aanbieder van die SABC2-leefstylprogram Pasella en sy is ’n gesogte internasionale model. ’n Mens sou dink hul lewe bestaan uit rooitapyt-geleenthede, swierige partytjies en skouers skuur met rykes en bekendes. Maar Paul Rothmann en Candice Boucher verklap hulle is eintlik “regte introverte”.

Die kollig, bieg hulle, is ’n moeilike plek om te wees as jy so ’n soort mens is.

FOTO Leana Clunies-Ross

Maar hul verhouding werk goed, sê hy.

“Ons is albei baie oopkop, vir nuwe dinge en denke. Ons bevraagteken alles en lewe volgens ons eie standaarde. Ek is nie ’n aanhanger van tradisie nie. Elke kultuur het immers begin omdat een mens anders gedink en geleef het, en ander mense hulle gevolg het.Die gevaar daarvan is natuurlik dat julle as paartjie uitmekaar kan groei, en ek het dit in vorige verhoudings geleer. Ons sorg dat ons gereeld gesels oor waarheen ons op pad is in die lewe.”

Hulle het vyf jaar gelede by Hangklip ontmoet met die verfilming van Pasella se jaarlikse swemklereprogram. En vanjaar op 15 Maart is hul eersteling, Wolfe, gebore.

Lees die volledige artikel in SARIE se Junie-uitgawe – nóú te koop!

Kyk net die pragtige foto wat Candice op haar Instagram gedeel het:

My@michellebenas11

A post shared by Candice Boucher (@candiceboucher) on