FOTO: People

Het jy gehoor?

Ontmoet Hayden Panettiere se eerste bondeltjie vreugde

Die Nashville-aktrise Hayden Panettiere en haar verloofde, die swaargewig-bokskampioen, Wladimir Klitschko, het Desember hul eersteling verwelkom.

Foto’s van hul dogter, Kaya Evdokia, is eksklusief aan die tydskrif People gegee. Hierin is dit duidelik dat die groot man (1,98m) baie trots is op sy verloofde (wat 1,53 m lank is) en sy eersteling.

Hy het dié foto’s op sy Instagram-profiel gedeel.

Family #klitschko #hayden #kaya #people #exclusive by @neonostalgia

Une photo publiée par WLADIMIR KLITSCHKO (@klitschkowladimir) le

#people #exclusive #hayden #kaya #klitschko Une photo publiée par WLADIMIR KLITSCHKO (@klitschkowladimir) le

Jy kan nóg foto’s van die kleinding HIER sien.

Die Oekraïner Wladimir het Sondag nóg ’n skattige foto van sy gesin op sosiale media gedeel. Daarop is Kaya vas aan die slaap, maar steeds kan die trotse ouers nie hul hande van hul prinsessie afhou nie.

#family #klitschko #newyear

A photo posted by WLADIMIR KLITSCHKO (@klitschkowladimir) on

Hayden het aan People vertel dat haar sterk verloofde selfs erger oor Kaya is as sy. “Ek’s gelukkig as ek by haar is. Hy sê heeltyd, ‘Nee, nee, ek het haar.’ Dis altyd hoe ek gedink het hy gaan wees,” vertel sy oor die toegewyde pa.

Nou is die groot vraag net wanneer hulle gaan trou. Dit klink nie asof Hayden haastig is nie. “Ons het hierdie bondeltjie en ons is gelukkig dat sy ons besig hou. Boonop wil ek wag dat sy oud genoeg is om die blommemeisie te wees, of ten minste na die kansel kan kruip!”

Bronne: People en Brides

Lees ook