Het jy gehoor?

Ontmoet Lupo, Prins William en Kate se viervoetige ‘kind’

Prins William en Kate se swart cockerspanjoel, Lupo, het ‘n heerlike lentedag langs die poloveld deurgebring.

‘n Doodgewone gesin wat hul klein hondjie op ‘n uitstappie neem. Dít was die prentjie wat hom Sondag (14 Mei) afgespeel het by die Audi Polo Challenge-polowedstryd naby Windsor, waar prins William en sy broer, prins Harry, deelgeneem het. Klein Lupo was die heeltyd aan Kate se sy en het beslis ook die hart gesteel van sy “oom”, prins Harry, wat ná die wedstryd lekker met hom gespeel het.

Dis juis hierdie gemaklikheid, die noue band tussen die prinse én Kate, asook die gevoel dat jongmense maklik met hulle kan identifiseer, wat dié koninklike paartjie so modern en geliefd maak.

  • Rene Pretorius

    Sy is voorwaar n prinses…laat my so aan Lady Di dink. Hy het maar n vrou eie aan sy moeder se STYL gekies…welgedaan!!! Hulle se mos n seun soek n vrou soos sy ma…en hy het een soos Di gekry. Sy sal in ons harte BLY voortleef!!!!!