FOTO: Instagram  rolenestrauss

FOTO: Instagram rolenestrauss

Het jy gehoor?

Ontmoet Rolene Strauss se verloofde

Die nuus het vanoggend gebreek dat Suid-Afrika se Mej. Wêreld, Rolene Strauss, verloof is aan die aantreklike sakeman D’niel Strauss. 

FOTO: Twitter  @dniel_strauss

FOTO: Twitter @dniel_strauss

Die man wat ons mooiste meisie gevra het om te trou is die stigter en direkteur van die beleggingsbeheermaatskappy Orientis Venture Capital, asook ander maatskappye soos Stocks & Strauss (Pty) Ltd en Vela Growth.

Hy is ’n passievolle sakeman wat ook in sy persoonlike lewe daarna streef om altyd te groei en ander mense te help.

D’niel woon op Stellenbosch, waar hy ’n graad in ingenieurswese en ’n MBA voltooi het. Hy was voorheen ook ’n deeltydse dosent aan die Universitiet van Pretoria se ingenieursfakulteit.

Dié man is nie net suksesvol nie, maar boonop sexy ook!

Ons hoop Rolene en D’niel is baie gelukkig saam!

Bronne: Who’s Who SA, Orientis.co.za

Lees ook