FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Ontmoet vir Zonkie!

Wat kry jy as ’n donkie met ’n sebra paar? ’n Zonkie, natuurlik!

Zonkie, wie se ma ’n donkie en pa ’n sebra is, is op 4 Januarie vanjaar gebore. Sy koms was geensins beplan nie. So ’n kruising word gewoonlik ’n zebroid genoem. Die vroegste aantekening van dié verskynsel is in 1810 in Edinburg, Skotland, gemaak toe ’n perd en ’n kwagga aangeteel het.

Zonkie het groot opwinding veroorsaak op die plaas van Tanya Fourie, SARIE-kos-assistent, se ouers in Limpopo.

Haar pa, Bernhardt Pöhl van Marble Hall, het dié oulike foto’s van kleine Zonkie gedeel:

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

zonkie 1

FOTO: Verskaf

Is hy nie te dierbaar nie?

Lees ook