FOTO Instagram @michaeljackson

FOTO Instagram @michaeljackson

Het jy gehoor?

Ontslape Michael Jackson maak R12 miljard

Selfs 7 jaar ná sy dood maak die koning van pop steeds geskiedenis, en geld! Gister het Forbes aangekondig dat die ontslape Michael Jackson vanjaar die hoogs betaalde bekende is – hy het selfs vandag se lewende sterre geklop.

Hy het $825 miljoen (sowat R12 miljard) gemaak! Dit is volgens Forbes se boekhouding die meeste geld wat ’n celeb – lewend of dood – nóg verdien het. Die grootste deel van dié bedrag is te danke aan die verkope van sy Sony/ATV-regte op treffers deur The Beatles, Taylor Swift en Eminem.

via GIPHY

Daarteenoor het die koning van rock, Elvis Presley, vanjaar net $300 miljoen (sowat R4 miljard) gemaak.

Lees die volledige storie op Forbes.

Wat ’n “Thriller”!

via GIPHY

Lees nou

Nadia Beukes & haar David: Só het die liefde begin

Geskei maar ek’s oukei

Bob Dylan wen Nobelprys