sr1104hjg_5_
Het jy gehoor?

Ontwerper, Gert-Johan Coetzee, op pad NY toe!

Gert-Johan Coetzee (23),wat reeds verskeie ontwerppryse ontvang het, het op Koster in die Noordwes provinsie grootgeword en aan die North West School of Design op Klerksdorp gestudeer. Hy is verlede jaar deur die tydskrif True Love as SA Ontwerper van die Jaar aangewys.

Die Amerikaanse werklikheidster Kourtney Kardashian het op 5 Januarie vanjaar een van sy rokke by die People’s Choice prysoorhandiging in Hollywood gedra. Hy ontwerp ook vir plaaslike glansvroue soos die huidige Mej. SA, Bokang Montjane, en die sangeresse Andriëtte Norman en Nianell.

Ek het nie matriek nie, maar het deur ‘n ander ‘skool’ gegaan. Ek het so hard gewerk om my drome waar te maak. Die roem het nie oornag gebeur nie, en ek voel eintlik al dertig! My loopbaan het kleintyd begin toe ek potlode met sneesdoekies ‘aangetrek’ het.

Verlede Februarie het ek my eie mode-ateljee in Melville, Johannesburg, oopgemaak. Die uitnodiging na die New Yorkse Modeweek in September, waar die modes vir Lente/ Somer 2012-’13 vertoon gaan word, is my grootste prestasie nog. Ek moes baie navorsing oor modetendense doen en gaan Boheemse goed met ‘n punk-invloed wys. Koraal, groen en grys is in. My klere het eenvoudige lyne, maar dis glam.

Snaakse goed inspireer my: lampskerms, plante, ‘n gebou, die vroulike vorm – die lewe! Ek wil eendag vir ons eie Charlize Theron aantrek in ‘n bloedrooi of turkoois rok.”