FOTO: David M. Benett/Getty Images

FOTO: David M. Benett/Getty Images

Het jy gehoor?

Oeps! Wat het met Angie se grimering gebeur?

Gewoonlik foutloos op die rooi tapyt. Maar vroeër dié week het Angelina Jolie se grimering haar in die steek gelaat. Wat het gebeur?

Toe sy Maandagaand saam met haar verloofde, Brad Pitt, op die rooi tapyt verskyn vir die première van The Normal Heart, die fliek wat hy vervaardig het, was sy vol wit poeier.

 

 

 

 

 

Maar hoe kon haar grimeerkunstenaar haar só voor die kameras loslaat? Volgens The Mirror het die kunstenaar ’n groot fout gemaak. Sy het rolprentgrimering, wat gebruik word vir hoëdefinisie-skerms, gebruik. Dié grimering wys wanneer skerp lig, soos kameraflitse, daarop skyn.

Maar Angelina is nie die enigste ster wat dít al oorgekom het nie. Nicole Kidman, Miley Cyrus en Eva Longoria het ook al wit merke op die rooi tapyt gehad – kyk HIER na die foto’s.

Brad en Angie weer saam in fliek

Ná byna ’n dekade gaan Brad Pitt en Angelina Jolie weer saam aan ’n fliek werk, berig Variety.

Brangelina-aanhangers sal bly wees om te hoor dat dié Hollywood-glanspaartjie vir die eerste keer sedert Mr and Mrs Smith (2005) weer gaan saamwerk.

Daar is nog nie veel bekend oor dié prent nie. Die draaiboek het nog nie ’n naam nie, maar wat wel seker is, is dat Angelina dit geskryf het. Die paartjie werk saam aan die produksie van die film, wat tans nog in sy beginfase is, en dit is boonop onseker of dié twee self op die grootskerm gaan wees en of hul net agter die kameras gaan saamwerk. Maar kenners in die binnekringe beweer dat hulle die hoofrolle gaan vertolk …

Die vorige keer wat hulle saam gespeel het, was beslis ’n reuse-sukses. Mr and Mrs Smith het in 2005 byna $500-miljoen (sowat R5 miljard) wêreldwyd ingepalm.

Brad was ook een van die vervaardigers van 12 Years a Slave, wat die Oscar vir Beste Rolprent gewen het. Angelina was al in die regisseurstoel vir Unbroken, wat later vanjaar vertoon word, en In The Land Of Blood And Honey, wat in 2011 verskyn het.

Die twee (en moontlik ook hul kinders) bring na bewering vanjaar 8 maande in Suid-Afrika deur en gaan ’n huis in Sandhurst, Johannesburg huur waarvoor Brad glo R85 000 per maand betaal. Hulle is hier sodat Brad en mede-hartedief George Clooney ’n film hier kan skiet. Sommige beweer hulle het al die paartjie in dié spogwoonbuurt gesien. Lees die volledige storie hier.

Nóg ’n groot ster na SA

Nóg ’n Hollywood-bekende, Colin Firth, gaan glo in Suid-Afrika gesig wys wanneer hy later vanjaar hierheen kom om die riller Eye in the Sky te verfilm, berig Film Contact. Die verhaal volg ’n kolonel wat opdrag kry om ’n groep terroriste in Nairobi te vang.Colin Firth