FOTO: Instagram/ @nolatrees

FOTO: Instagram/ @nolatrees

Het jy gehoor?

Oorgewig en depressief – toe vind sy joga

Vir jare het die 22-jarige Dana Falsetti, ’n Amerikaner van Denver, Colorado, haar liggaam gehaat. Sy was depressief, angstig en was gereeld op ’n dieet. Maar as dinge te veel geraak het, het sy ooreet, gewig opgetel en haarself weer gehaat.

Só het die bose kringloop veroorsaak dat sy 133 kg weeg. Haar laaste uitweg – joga. En sy het haar lewe verander.

The choice to love yourself is yours. It takes a lot to show up for yourself even when you feel insecure or afraid or unworthy, but that’s exactly why you have to show up. Unworthy is exactly how I felt for years. It’s how I felt walking into my first yoga class, how I felt about showing my thighs at the beach, how I felt about clothes shopping and eating and so many things in my life. But that’s the point – to show up and bring all your shit with you and deal with it because you just can’t pretend it isn’t real anymore… and you know you deserve better from yourself. Maybe you come to find it was only as real as you made it. I can say if I never gave myself the chance to practice yoga, the chance to try, I may have never found myself in such a beautiful place. Photo by @matthias.khan

A photo posted by Dana Falsetti (@nolatrees) on

Dana het geleer om haarself lief te hê. Joga het haar lewe so verander dat sy besluit het om ’n joga-instrukteur te word en ’n Instagram-blad te skep wat positiewe boodskappe aan meisies stuur. Dana het meer as 100 000 volgers op Instagram. En op haar webtuiste adverteer sy gereeld aanlynklasse en werkswinkels.

Kyk net hoe doen Dana joga!

Over the last few days I’ve gotten countless messages about how to start practicing, where you can take my classes, etc. First of all of you want to start practicing, just do it. Go to a class even if you feel insecure, find some classes online and don’t be afraid to let them kick your ass in the best way, make it happen because you deserve that time for self care. I can’t help you make the time for it, but I can give you resources. Last week I launched my @codyapp plan that I am so honored to share. This plan includes my wrist and shoulder routine, posture break downs in simple language, an awesome strength building class to give you a solid foundation, and flows to put it all together. It’s great for beginners, for those in bigger bodies and all bodies, for seasoned practitioners, for everyone. The coolest part about @codyapp is that I can interact with you as you log the classes, so I’m available online to answer any questions along the way. Today’s Riverside CA workshop is sold out, but I have upcoming workshops in Alexandria VA, New Orleans, Philly, and Denver! Sign up through the link in my bio. xx

A photo posted by Dana Falsetti (@nolatrees) on

It’s important for beginners – especially those in larger bodies – to know that a graceful, strong, and mindful practice is accessible. Your body is not in the way and you don’t have to wait until you’re in a different place in your life to start exploring your potential. We are the ones holding ourselves back. Yoga has helped me embrace my body, believe in my worth, and proven time and time again that appearances don’t matter – what matters is how you feel. codyapp.com/makingshapes This plan has 3 Instructional videos, 3 Flow classes and 1 Strength class that repeat over the course of the month. Continuing to show up for yourself is key, so repeating the classes will help you familiarize yourself with the movements and build strength and confidence. The Strength video will help you prepare for the other videos by developing foundational strength in your entire body. The Instructional videos focus on alignment and break down postures to their foundational shapes. You’ll be able to apply your knowledge and strength in the flow classes. To learn more, try the free preview! Link is in my bio. Only 48 hours left to get Making Shapes at the early bird pricing.

A photo posted by Dana Falsetti (@nolatrees) on

 

Bronne: Nolatrees Yoga

Oud soos die sfinks

Joga is ’n reeks oefeninge so oud soos die Egiptiese sfinks – en dít is sowat 5 000 jaar. Die tydskrif Time het al  geskryf joga kan die mediese wonderwerk van die toekoms wees. Of pure wensdenkery. Die navorsing wat gereeld in mediese joernale verskyn oor die gesondheidsvoordele daarvan, wys dis waarskynlik méér as net in jou kop. Carley Louw van Yoga Connection in Brooklyn, Pretoria, het erge angsaanvalle gekry. Sy het 25 jaar gelede ’n boek met eenvoudige joga-oefeninge in die hande gekry en begin oefen. Drie maande later was haar angs minder en mettertyd heeltemal weg. In 1999 het sy die Yoga Connection begin. Vandag is daar ook ’n tak in Centurion. Met haar rustige aura voel jy dadelik aangetrokke tot haar. En haar klein lyfie kan jy net begeer.

Joga is ’n kombinasie van liggaamsposisies (asanas) en asemhalingsbeheer. Elkeen van die talle posisies werk in op en balanseer verskillende dele van jou liggaam. Jy oefen elke spier en ligament.

Hatha, aan te beveel vir beginners, is stadig en fokus op strek en om die posisie te behou; Ashtanga is vinnig en daag jou fisiek uit; Kundalini, ’n meer spirituele ervaring, verwag meditasie en dreunsang; en Vinyasa gaan oor die sinchronisasie van beweging en asemhaling. Met Bikram word die vertrek kunsmatig verhit (sowat 40 °C), en jy sweet soos nog nooit vantevore nie. Die nuutste gier is joga-in-die-lug (anti-gravity), ’n reeks oefeninge in ’n apparaat wat aan ’n hangmat herinner.

Masseer jou binneste

Joga laat ook jou ingewande oefen. Sekere posisies verbeter die bloedvloei na spesifieke organe en voorsien dit van vars voedingstowwe en suurstof. Met die skouerstand verhoog die bloedvloei na die nek en skildklier. Die kopstand doen dieselfde met die brein. Ander weer, soos die voorwaartse buk en buig van die bene op die maag, masseer jou spysverteringstelsel saggies en bevorder goeie spysvertering.

Asemhaling, soos joga jou dit leer doen, verbeter jou liggaam se vermoë om stres te verwerk. Chroniese stres put verskeie organe uit en kan tot talle hedendaagse siektes lei. Dit kan onder meer jou spysvertering belemmer, spierspasmas, depressie en slaaploosheid veroorsaak en jou immuunstelsel aftakel. Jou lyf én kop ontspan terwyl jy op jou asemhaling konsentreer, jou hart klop stadiger en jou bloeddruk daal.

Studies wys joga kan angs en stres verminder. Ook depressie, pyn en slaaploosheid. Die effek daarvan op  hartsiektes is veral goed nagevors. Dit verlaag bloeddruk en verlaag jou hartklop. Dit word ook verbind met verlaagde cholesterolvlakke. Dit kan die simptome van asma, rugpyn en artritis verminder. Sommige studies suggereer selfs dit kan ’n positiewe effek op leer en geheue hê.

Jy hoef nie jou lyf soos ’n koeksister te knoop om die voordele uit joga te put nie. Jy kry dit steeds, al kan jy aanvanklik net die eenvoudigste posisies baasraak. Soek ’n goed opgeleide instrukteur. (As jy ’n kwaal het, is dit veral belangrik.) Trek gemaklike, lospassende klere aan. Skop jou skoene uit. Haal diep asem … En strék …

Namaste (die joga-groet).

Charis Van Den Heever, SARIE se skoonheidsredakteur, doen al agt jaar joga. Sy het afgeskop met Hatha en doen deesdae Ashtanga (’n kragtige vorm met ’n vasgestelde reeks bewegings waar jy van die een posisie na die ander vloei).

Die krygsmanposisie help om jou arms en bene sterker te maak. FOTO: Phyllis Green, geneem in die James and Ethel Gray Park, Johannesburg

“Daar is niks soos joga om jou spanningsvlakke onmiddellik te laat daal nie. Omdat jy diep moet  asemhaal én daarop moet konsentreer, dwing dit jou om in die oomblik te wees en kalm te raak. Wanneer ek gereeld joga doen, is ek in die algemeen rustiger en meer gefokus.

“My figuur was van jongs af nogal vorentoe geboë. En nou is ek kiertsregop. Ek kan dit self eintlik nie glo nie. En hoewel ek nie gewig verloor het nie, is ek fermer en my spiere beter gedefinieer. Ek het nog nooit so goed in my lyf gevoel nie. Ek voel sterker en baie meer soepel as in my tienerjare en vroeë twintigs.’’

Haar wenke

  • Spring weg met ’n beginnerklas waar die instrukteur jou presies wys wat om te doen. Joga is tegnies en dis belangrik om uit die staanspoor te leer waar jou voete, hande en arms moet wees. En hoe om asem te haal terwyl jy die verskillende oefeninge doen.
  • Beproef verskillende vorms van joga totdat jy ’n soort kry waarvan jy hou en waarmee jy sal kan volhou.
  • Daar is wonderlike video’s op die internet waarop instrukteurs presies verduidelik hoe om sekere oefeninge te doen. Sien dit as ekstra hulp. “Sedert ek dit doen, het my joga drasties verbeter,” sê sy.

Bronne

  • Webmd.com
  • Mayoclinic.com
  • Virginactive.co.za

*Dié artikel is deur SARIE se gesondheidsredakteur, Lydia van der Merwe, geskryf en het oorspronklik in ons Februarie 2014-uitgawe verskyn.