Paul Walker as die gesig van Davidoff Cool Water

Het jy gehoor?

Oorlede akteur se broers maak sy fliek klaar

Paul Walker, wat verlede jaar in ’n motorongeluk oorlede is, se twee broers help nou om sy laaste fliek, Fast & Furious 7, klaar te maak.

Caleb en Cody Walker het ingestem om te help om van Paul se laaste aksie-tonele vir die fliek te skiet. Dié nuus is op Fast & Furious se Facebook-blad gedeel.

Meer oor Paul Walker se tragiese ongeluk

“Om hulle [Caleb en Cody] op die stel te hê, het ons almal laat voel dat Paul ook by ons is,” lui ‘n verklaring op die blad.

Met Paul se dood in November moes die rolprent se vervaardigers besluit wat nou van die fliek, die nuutste aflewering in die Fast & Furious-reeks, sou word. Volgens die verklaring op Facebook het die rolprentspan saamgestem dat Paul van hulle sou verwag om die fliek te voltooi. Boonop was die meeste tonele waarin sy karakter speel, reeds verfilm voor sy skielike dood.

Video-huldeblyk aan Paul

Lees die volledige verklaring hier

Bronne: Facebook & The Hollywood Reporter