FOTO Press Association / Danny Lawson

FOTO Press Association / Danny Lawson

Het jy gehoor?

Op 90 doen koningin Elizabeth dit wéér

Lank voordat sy koningin geword het, het sy as 3-jarige vir die eerste keer op ’n tydskrifvoorblad verskyn. En vanjaar pronk koningin Elizabeth op 90 wéér op ’n voorblad, maar dié keer saam met haar vier corgi’s.

Die bekroonde fotograaf Annie Leibovitz het die lewe van die Britse monarg met haar lens vasgevang vir die glanstydskrif Vanity Fair.

Die koningin was glo baie gemaklik met Annie se fotosessie by die Windsor-kasteel in Berkshire.

“Sy was regtig ontspanne. Sy het baie vrede met haarself en is betrokke by haar familie,” het Annie aan Vanity Fair gesê, berig BBC.

Wat het koningin Elizabeth, Marilyn Monroe, Winnie-the-Pooh en die Kruger Nasionale Park gemeen? Klik hier om uit te vind.

queen-elizabeth-birthday-90-annie-leibovitz-summer-2016-vf

As driejarige op die voorblad van Time.

queen e time cover

Sy is nie die enigste Britse koninklike wat al op ’n voorblad verskyn het nie. Vanjaar was die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, op die voorblad van die Britse Vogue. Ter viering van die tydskrif se 100ste bestaansjaar is Kate afgeneem in Norfolk, waar die Cambridges woon.

Kate Middleton Vogue

Kate se skoonma, wyle prinses Diana, was op menige voorblaaie.

Prinses Diana Vogue

vanity-fair-princess-diana-1997

Koningin Elizabeth se enigste dogter, prinses Anne, het in 1971 en 1973 op die voorblad van Vogue verskyn.

Princess Anne Vogue copy

Prinses Anne in 1971

Prinses Anne Vogue

Prinses Anne in 1973

Om ’n paar van Annie se pragtige foto’s te sien besoek Vanity Fair.

Lees nou

Kyk wat het die Krugerwildtuin, Marilyn Monroe en Pooh-beer gemeen!

FOTO’S: So lyk Afrika uit die ruimte!

Raai watter sjef eet biltong-en-tjips-broodjies?