FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Oprah die loodgieter?

Ja, jy het reg gelees, Oprah is net so handig in die huis as bedrewe voor die TV-kameras! Die kletskoningin is die naweek gekiek terwyl sy ’n toilet reggemaak het.

Oprah se beste vriendin, Gayle King, het dié foto op Instagram gedeel en in die onderskrif gesê dat sterre dalk maar, nes ons, gewone mense is.

Oprah het wel nie ’n loodgieter se werksuniform vir dié geleentheid gedra nie. Die ster dra ’n bruin hoed, ’n wit sweetpaktop en ’n swart oefenbroek op die foto.

Dis nie die eerste keer dat Gayle so ’n skertsende foto van haar wêreldbekende vriendin deel nie.

Sy het verlede jaar ’n soortgelyke foto die wêreld ingestuur, dié keer waar Oprah die mat was.

“Oprah sweer sy kan enige vlek verwyder – wat ’n talent,” skryf Gayle in die onderskrif.

Dié koningin van kletsprogramme maak dié jaar ook in die rolprentwêreld opslae vir haar vertolking van Gloria Gaines in The Butler. Sy is reeds benoem vir ’n BAFTA-toekenning in die kategorie Best Supporting Actress en daar is ook sprake van ’n Oscar-benoeming in dieselfde kategorie.

FOTO: YouTube

Oprah in The Butler. FOTO: YouTube

Dit sal Oprah se tweede Oscar-benoeming wees. Sy is in 1986 benoem vir haar rol in The Color Purple.