FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

VIDEO: Oprah doen die Happy-dans

Die kletskoningin Oprah Winfrey het gewys hoeveel ritme sy het toe sy onlangs saam met die sanger Pharrell Williams gedans het.

Oprah het die sanger Pharrell, wat dié jaar groot gewildheid verwerf het vir sy treffer “Happy” genooi om op haar aanlyn-kletsprogram, Oprah Prime, te gesels. Die kletskoningin se onderhoud met hom word eers volgende week uitgesaai, maar intussen het sy solank ’n video gedeel…

Op dié video dans Oprah met Pharrell terwyl sy Oscar-benoemde treffer speel. Hy het dié lied opgeneem vir die animasie-fliek Despicable Me 2. Intussen het hy dié lied al selfs by die Oscars gesing saam met bekendes – van Meryl Streep tot Lupita Nyong’O – wat ook saam gedans het!

Kyk hier na die video van Oprah se danspassies:

WAT DINK JY? IS OPRAH ‘N GOEIE DANSER? Los kommentaar onder dié artikel of op ons Facebook- of Twitter-blad.