Het jy gehoor?

Oprah gaan dalk weer in ‘n fliek speel

Die fliek se naam is The Butler en dit handel oor die lewe van Eugene Allen, ‘n butler in die Wit Huis. Hy het tussen 1952 en 1986 na agt Amerikaanse presidente omgesien.

Akteurs soos Hugh Jackman, Mila Kunis (Jackie Kennedy) en John Cusack (Richard Nixon) se name is reeds in die hoed vir moontlike rolle. En as alles volgens plan verloop, gaan Winfrey die rol van Allen se vrou speel.