FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Oprah kuier in SA – inspireer vroue

Die kletskoningin Oprah Winfrey het gister in Johannesburg duisende vroue geïnspireer. 

Oprah se praatjie is deel van haar tydskrif, O Magazine, se O You-geleenthede. Dit is die eerste keer dat dié geleentheid in Suid-Afrika aangebied word. Duisende Suid-Afrikaners en selfs buitelanders het die geleentheid gebruik om haar te hoor praat. Sosiale media het omtrent gegons en almal was dit eens: Oprah het geïnspireer en gemotiveer.

Onder die gehoor en sprekers was bekendes soos die Morning Live-aanbieder Leanne Manas, die presidentsvrou Thobeka Zuma, die openbare beskermer Thuli Madonsela, die joernalis Redi Thlabi, en die politieke leier Mamphela Ramphele.

Oprah het oudergewoonte wyshede gedeel soos: “Jy is nie jou omstandighede nie. Jy is jou potensiaal” en “Jy word wat jy glo, nie wat jy wil word nie”.

By die geleentheid het sy ook bekendgemaak dat die programme wat sy vervaardig nou ook op ’n Donderdag en Sondag op TLC Entertainment (DStv-kanaal 172) uitgesaai gaan word.

Die 59-jarige televisiepersoonlikheid het gesê sy wil graag vir Nelson Mandela besoek, maar respekteer sy familie se wense vir sy privaatheid. Sy het hom ’n spoedige herstel toegewens.

Oprah in Suid-Afrika:

Bronne: Channel 24, SABC, Twitter.

Die rok wat Oprah vir dié geleentheid gedra het, is ‘n gemaklike snit wat haar middel beklemtoon en baie vleiend pas. Kry dié styl met die swart rok uit die SARIE-winkel

sc1307june18picrfb10083

Swart rok in SARIE-winkel

sc1310august29picrfa10023

Rok met patrone

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Onthou, ons het klere in die SARIE-winkel vir die voller figuur – klik hier!

plussize