FOTO Instagram / @owntv

FOTO Instagram / @owntv

Het jy gehoor?

Oprah verloor gewig en skryf kookboek

Gesond het nog nooit só lekker gelyk nie. Die kletskoningin Oprah Winfrey het nie net 13 kilogram verloor nie, maar het sommer ’n kookboek ook geskryf.

Oprah se sukses is glo te danke aan Weight Watchers, ’n dieet-program wat aanlyn gevolg word. Nie net het sy aandele in dié maatskappy nie, maar sy is ook ’n klient, berig ET Online. Dié eetplan is ook die inspirasie vir haar kookboek.

Die boek, Food, Health and Happiness: ‘On Point’ Recipes for Great Meals and a Better Life, sal eers vroeg volgende jaar gepubliseer word.

Die rede vir haar kookboek? Oprah sê baie mense vra of haar gunsteling-geregte steeds smaaklik en gesond is. Met haar nuwe kookboek wil sy almal se vrae beantwoord.

Volgens Daily Mail het Oprah, soos enige ander vrou, ook ’n swakheid. Sy verloor glo stadiger gewig omdat sy weier om haar wyn en brood op te gee.

Vir haar verjaarsdag vanjaar het sy selfs sewe brode as geskenk gekry en was in ekstase daaroor. Glo was dít haar gunsteling-geskenk! Wat anders gee jy vir iemand wat reeds alles het?

Lees nou

10 goed wat jy van Ellie Goulding moet weet

Die beste haar-transformasies van 2016