Het jy gehoor?

Opwindend! DiCaprio se nuwe fliek

Die nuwe fliek, The Great Gatsby, is gebaseer op F. Scott Fitzgerald se gelyknamige boek. Die historiese drama is verlede jaar in tipiese Luhrmann-styl in Sydney verfilm, maar dit spog met ’n hedendaagse klankbaan.

Kanye West, Jay-Z en die White Stripes se voorsanger, Jack White, sing daarop. Ook op die wêreld se mode-loopplanke en op rooi tapyte is die gatsby modetrend groot nuus.

Ander sterre in die fliek sluit in Carey Mulligan, Joel Edgerton, Tobey Maguire en Isla Fisher. Dit word aan die einde van die jaar bekend gestel – kyk solank die lokprent.

Wat was jou gunsteling-DiCaprio-fliek van alle tye?


  • Margaret van Eck Schoeman

    Leonardo was nog altyd, sedert Titanic, een van my geliefkoosde akteurs. Ek het hom sien "groei en grootword" deur die jare. Hy is ‘n fenominale akteur en sonder uitsondering speel hy in goeie rolprente. Kan nie wag vir hierdie nuwe fliek nie. Kan nog die Robert Redford weergawe onthou… Sy beste rolprent? Moeilike keuse. Naas Titanic, beslis Blood Diamonds.

  • Sandra

    Ek moet verseker nog oortuig word dat Leonardo by Robert Redford kan kers opsteek, maar ek sal hom ‘n kans gee!

  • Jony

    Die eigentlichen Grfcnde warum das eine Must See Show ist, heidfen weheirtin in dieser Reihenfolge Nathan Fillion, Nathan Fillion und Nathan Fillion ebenso wie seine Chemie mit Stana Katic .