Het jy gehoor?

Die Wonderwerker: Katinka Heyns se 1ste fliek in 14 jaar

Die storie speel af in 1908 op die plaas Rietfontein waar Marais by die Van Rooyen-gesin beland. “Maria (gespeel deur Elize Cawood), haar man, Gys (gespeel deur Marius Weyers), hul seun (gespeel deur Kaz McKFadden) en ‘aanneem-dogter’ Jane Bryanshaw (gespeel deur Anneke Weideman) sien om na ’n baie siek Marais, wat blykbaar aan malaria ly,” lui ’n persverklaring oor die fliek.

“Maar dit is nie al waaraan die man ly nie… En kort voor lank begin die poppe dans op Rietfontein, want ’n vrou is nie ’n klip nie, en ’n man is ook maar net ’n man – maak nie saak hoe ’n mens daarna kyk nie.”

Erica Wessels en Cobus Rossouw is ook in die rolprent te sien en Katinka Heyns het die regie behartig. Dit is volgens die persverklaring haar eerste fliek in 14 jaar. Chris Barnard, haar man, het die draaiboek geskryf.

Kyk hier na Die Wonderwerker se lokprent

  • hester

    Ek is uiters terleurgesteld dat die Wonderwerker nie ook by n teater in Randburg of Fourway vrygestel is nie. Hier is baie mense wat graag die fliek wil sien maar ongelukkig is dit ons nie beskore nie tensy ons kilos afle om elders (Centurion of Roodepoort) te gaan fliek.
    Hoop die saak sal aandag geniet en reggestel word. Soos reeds gese hier is n hele paar teaters (Northgate, Fourways, Cedar Square of MonteCasino) waar die fliek gewys kan word.

  • gerda

    Wow wat ‘n brijante fliek!!!! Almal wat van fliek hou moet dit sien!