Het jy gehoor?

Gary Player verloor sy klere + ander nuus uit die sportwêreld

Gary Player verloor sy klere

Op 77 is dié Suid-Afrikaanse gholflegende die oudste sportster nóg wat sy klere laat waai het vir ESPN se jaarlikse The Body-uitgawe – en sy bynaam was nie verniet Mr Fitness nie! Hy het nie ekstra oefening vir dié fotosessie gedoen nie, en sê hy behou sy atletiese lyf omdat hy daaglikse buite werk.

“Ek het niks spesiaals vóór dié fotosessie gedoen nie … Ek was ontspanne en gemaklik in my eie vel om dit te doen.”

Lees Gary se onderhoud met ESPN hier.

Gary Player se dogter, Jenny de Luca, gesels oor haar pa

ESPNESPNESPNESPNESPNESPN

FOTO’S: Ander sportsterre wat al in die verlede hul klere laat waai het vir ESPN se The Body-uitgawe.

Wimbledon-kampioen se regterhand

Johan de Beer (41) was Andy Murray (foto regs) se fisioterapeut die afgelope 6 maande – ook toe hy met die gesogte titel van Wimbledon-kampioen weggestap het, berig Die Burger.

Johan woon reeds die afgelope 12 jaar in Londen en was die Suid-Afrikaanse junior tenniskampioen op sy dag. Johan het in Pretoria grootgeword, daar studeer en gepraktiseer.

Al het ‘n kniebesering sy tennisloopbaan kortgeknip, het hy al die wêreld se bestes gehelp om hul doelwitte te bereik, onder andere die Suid-Afrikaner Wayne Ferreira, die Brit Tim Henman en die Switser Roger Federer.

Natalie du Toit se hoop, vrees en drome

Andy het Johan genader nadat sy vorige fisioterapeut as gevolg van familieverpligtinge moes onttrek, maar hulle ken mekaar al jare.

Andy Murray

TWITTER: Johan is deel van Andy Murray se post-wedstryd-roetine. Andy eet ook glo 50 stukkies soesji binne ‘n uur na ‘n wedstryd!

Suid-Afrika se bulte sorg vir sterk Tour de France-bene

Daryl Impey

Daryl Impey (foto links) het geskiedenis gemaak toe hy verlede week Donderdag (4 Julie) die eerste Suid-Afrikaner én Afrikaan geword het om die gesogte geeltrui van die Tour de France aan te trek.

“Geskiedenis is gemaak en ek is baie opgewonde. Ek is seker die mense in Suid-Afrika is ook baie gelukkig,” het dié atleet gesê.

Kry pragtige en praktiese oefenklere in die SARIE-winkel

Chris Froome, wat Saterdag (6 Julie) gesorg het dat hy dié geel trui kan dra, is in Kenia gebore en het in Suid-Afrika grootgeword, alhoewel hy nou in Brittanje woon.

Bronne: The Sun, The Guardian, Daily Mail