Emma Stone FOTO: Christopher Polk/WireImage via Image.net

Emma Stone FOTO: Christopher Polk/WireImage via Image.net

Het jy gehoor?

Oscar-beeldjie vir Emma Stone?

Die Oscars is eers volgende jaar Februarie, maar die room van die filmfeeste is op die oomblik aan die gang. En by twee van hulle, die Venesiese filmfees en die Telluride-filmfees in Colorado, VSA, word daar gegons oor een aktrise se spel: Emma Stone.

As jy moet glo wat die kritici sê, is Emma een van die gunstelinge om volgende jaar die Oscar-beeldjie vir beste aktrise te wen.

In die rolprent La La Land dans en sing Emma saam met die Kanadese akteur Ryan Gosling. En die tweetjies het sjarme! Albei se karakters is kunstenaars met ou siele en die rolprent speel af in kontemporêre Los Angeles.

Die 31-jarige Damien Chazelle is die regisseur en die twee sterre speel minnaars wat albei droom van sukses in die vermaaklikheidsbedryf. Dié rolprent het vir die eerste keer by die 73ste Venesiese Filmfees in Italië geopen.

la_la_land_ver2 lalalandposter

Kritici het dit al wyd geprys en veral Emma se spel is uitgesonder. En op die resensie-webtuiste Rotten Tomatoes het dit reeds 100% gekry!

Kyk net hoe ongelooflik sing Emma in dié rolprent se lokprent:

Emma is ook bekend vir haar treffer-uitrustings op die rooi tapyt. Kyk net hoe mooi het sy gelyk in Venesië:

Lees nou

8 lente-trends wat elke vrou kan dra

Nadia Beukes gesels voor haar groot dag

Lady Gaga se nuutste – uiteindelik ná 3 jaar!