Het jy gehoor?

Oscar die hond valskermsweef – foto’s!

Ontmoet Oscar. Dié kêrel is ‘n uitsondering en het vir eers besluit dis tyd om huis toe te kom na sy lang internasionale reis verlede jaar – 79 038 km oor 8 vastelande (waarvoor Oscar se baas, Joanne Lefson, haar huis verkoop het). Die idee is om mense bewus te maak van die lot van honde wat verwaarloos word.

Oscar het plaaslik al ‘n draai gemaak by 39 stede, 100 skole en sowat 30 diereverenigings. En nou het Oscar en sy baas van Leeukop in Kaaapstad met ‘n valskerm gesweef tot op Kamspbaai-strand!

Dis ‘n perfekte dag op Kampsbaai se strand en terwyl hordes mense in die son lê, moes hulle (verbaas?) opkyk om die woef-gedoente te aanskou.

Dit was deel van Joanne se Pedigree Ahound South Africa Tour om mense aan te moedig om nes sy met Oscar ‘n hond aan te neem.”Met minder as 10% straatbrakke wat ooit ‘n liefdevolle huis kry, hoop ek en Oscar om hondeliefhebbers te inspireer om aanneming te kies en ‘n hond ‘n tweede kans te gee.” Die Pedigree-toer was reeds baie suksesvol in vele gemeenskappe. 183 honde is tot op datum aangeneem. Vir elke hond wat aangeneem word, gee Pedigree ‘n maand se hondekos aan die nuwe eienaar.

Oscar en Joanne loop al 6 jaar lank saam ‘n paadjie vandat Joanne hom aangeneem het. Joanne vertel Oscar het sy naam van die bekende Oscars-seremonie gekry: “Hy is ‘n Oscar!”

Joanne en Oscar omhels mekaar Joanne word op gehelp