sr0711oscar01xrz2_credit_phyllis_green
Het jy gehoor?

Oscar Pistorius in internasionale Vogue!

Omdat sy dae reeds volbespreek was deur sy nuwe borge, kon hy nie vinnig Italië toe vlieg vir die fotosessie nie, sê sy afrigter Peet van Zyl.

Die Italianers het met ‘n hele span Parys toe gevlieg en die aantreklike Suid-Afrikaanse atleet in onder meer ‘n Armani-aandpak en jeans en T-hemde afgeneem. ‘n Hele paar sportmanne vanoor die wêreld het aan die swierige fotosessie deelgeneem.

“Oscar mag nog nie bekend maak wie sy nuwe borge is nie. Daar sal eersdaags ‘n aankondiging en ‘n wêreldwye promosie wees,” belowe Peet.

“Hy het ‘n baie goeie atletiekseisoen agter die blad met ‘n beste tyd van 46,02 in die 400 m. Hy probeer sy lewe so gebalanseerd moontlik aanpak, maar sy hooffokus is nou om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele van 2012.”

Na hy die hofsaak in 2008 gewen het wat hom in staat stel om teen nie-gestremde atlete deel te neem, het hy net die Olimpiese wenpaal in sy fokus.

Peet voorsien nie dat daar weer ‘n beswaar teen sy deelname met sy veerkragtige lemme sal opduik nie.

“Daardie saak is afgehandel en ons mik nou net na die Spele,” sê hy.

  • http://gqmieymftfio.com/ ekihcpdixt

    6ArNDl iercftyycskz, [url=http://aufrsxhdlxtp.com/]aufrsxhdlxtp[/url], [link=http://ujqhhywpxqdp.com/]ujqhhywpxqdp[/link], http://jlxofllqnfih.com/