Het jy gehoor?

Oscar Pistorius skiet glo vriendin in huis dood

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het na bewering vroeg vanoggend (Donderdag) sy meisie, die model, Reeva Steenkamp, in sy huis in Silverwoods Country Estate, Pretoria doodgeskiet, berig Beeld.

Hy het glo gedink sy is ‘n inbreker.

Kaptein Sarah Mcira het bevestig Oscar se meisie is in die arm en in die kop geskiet. Sy is op die toneel dood.

Oscar is in hegtenis geneem in verband met die voorval. Hy sal na verwagting later vandag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Hy het volgens berigte erg geskok gelyk op die toneel waar die polisie hom ondervra het.

Oscar het in ’n Februarie 2013-uitgawe eksklusief met SARIE gepraat. In hierdie video gesels sy sus met ons oor haar broer, Oscar.

  • Daphne Visagie

    Oscar, ek kry jou so vreeslik jammer. Hoe nou hier vandaan? Kan net dink hoe jy nou moet voel. Sterkte van n FAN!

  • Magda

    Liewe liewe aarde, !!!!!!!!! Heo gaan jy dit oorleef ….emosioneel……Here hou vir Oscar in U Hande….Gee vir hom wat U weet hy nodig het……………………..

  • Paula Vorster

    Baie sterkte Oscar, aan jou en Reeva se familie. Mag God met jou wees in hierdie hartseer tyd.

  • Elizabeth

    ABSOLUUT tragies! My gebede is by hom en albei families. Mag NIEMAND wat nie daar was en elke sekonde belewe het ‘n oordeel vel nie. Sterkte!

  • Letétia Möller

    Oscar – Jy word tenvolle opgedra aan ons Liewe Vader – Hy weet en sal jou hand styf vas hou – koester en deur hierdie baie emosionele donker tyd help. Sterkte en liefde vir jou en Reeva se geliefdes.

    ‘Moet nie bekommer nie want EK is met jou – so sê ons HERE’

  • Liezl

    Mens skiet mos nie net sommer nie, hy kon wag tot hy die persoon gesien het en as dit ‘n inbeker was kon hy nog steed van naby geskiet het, as hy gewag het so hy sien dit was sy meisie.

  • Karin

    In vandag se tye waarin ons leef en elke dag lees van hoe mense vermoor word in hulle eie huise kan ek dit begryp. Mens verwag nie kuiergaste 4 uur in die oggend nie? Niemand van ons was daar nie of weet presies wat gebeur het en hoe Oscar gereageer het nie. Dit is verskriklik tragies. My hart gaan uit na Oscar en Reeva se familie. Sterkte!!!!

  • Denise Hattingh

    Innige simpatie vir Oscar, sy meisie se familie en sy eie familie-hulle moet mekaar bystaan deur hierdie tyd en nie haatdraend word of blaam plaas waar dit nie hoort nie. Dit was pure ongeluk wat met enigiemand kon gebeur het, en het ook al. Ek blameer eintlik die vrees wat ons samelewing in ons inboesem deesdae dat ons gewapen moet loop deur die lewe!

  • Karina Peake

    Baie sterkte Oscar, God hou jou styf vas in die holte van Sy hand. Hy sal jou leiding en krag gee in hierdie hartseer tyd. Ek twyfel vir geen oomblik aan jou onskuld nie.

  • Annette Rossouw

    Oscar jy is so mooi voorbeeld wereldwyd en ons in SA dra jou op aan ons Liewe Heer. Hy weet en verstaan waardeur jy gaan en ken jou pyn. Hy sal vertroosting bring ook by jou en Reeva se families. Baie sterkte uit die Vrystaat.

  • rita kruger

    Baie sterkte Oscar, mag jy jou krag van God ontvang!

  • Eulogia De Wet

    Ek stem saam met baie hierbo ons leef in ‘n land waar jy nooit weet of jy veilig is of nie. My hart gaan uit na Oscar en Reeva se familie hierdie was ‘n tragiese ongeluk en ek glo net die Here ons Hemelse Vader kan jou hierdeur dra. Sterkte Oscar ons dink aan julle. Hou net styf vas aan jou Skepper

  • Elizme

    Baie sterkte Oscar, aan jou en Reeva se familie. Mag God met jou wees in hierdie hartseer tyd.

  • Sollie

    Liezl, inbrekers gee jou nie kans om te vra wie hul is, hul skiet eerste. Moenie aannames maak as jy NIE daar was nie. As ons nie die hele storie ken en nie self daar was en die agtergrond ken nie moet ons liewers ons monded hou as om sensasie uit ‘n tragiese gebeurtenis te soek! Oscar, ons dink aan jou en ook veral aan Reeva se familie. Sterkte aan almal

  • Nicky

    Oscar, jy ken die die meeste mense nie wie hier vir jou boodskappe laat nie, maar ek hoop jy kry hierdie boodskappe sodat dit jou sal bemoedig. Daar is baie mense wie omgee en jou aan ons Hemelse Vader opdra. Hy is Almagtig en weet alles. Ons bid vir jou en pleit dat die waarheid seevier, want ons weet jy het gedink dis ‘n inbreker.

  • Elizabeth

    Ek bid almal betrokke in hierdie saak genade, vergiffenis en vrede toe. Ek was nie by en weet NIE presies wat gebeur het of aanleiding tot die tragedie gegee het nie so ek oordeel nie – wat ookal die uitkoms is.

  • Alida

    Liezl, as ek iemand in die huis hoor rondsluip en ‘n figuur by my kamerdeur sien, gaan ek ook nie wag tot ek kan onderskei tussen vriend of vyand nie. In SA skiet ‘n mens "sommer" as iemand onverwags 4:00 in die oggend in jou huis ronsdluip. Want Vyand skiet gewoonlik ook sommer al van ver af.
    Dit was ‘n ongeluk en ek het simpatie met beide families.

  • Antoinette

    Oscar en familie ons almal se innige simpatie. Niemand van ons sal verstaan deur die pyn en self verwyt waardeer jy moet gaan nie. As ons land nie in sulke choas was waar ons almal in vrees moet leef en met pistole langs ons beddens moet slaap nie, het wat vandag gebeur het dalk nooit gebeur nie. Staan sterk in jou geloof, GOD sal jou hierdeur dra.

  • Ronel

    Ek dink Sarie moet hul tydskrif van die rakke onttrek aangesien Oscar ‘n geskiedenis het van woede teenoor vroue. En as die nuuste nuus ‘n weergawe is van wat werklik gebeur het, dan dink ek nie die versoek is onredelik nie. Sterkte aan die slagoffers se familie want albei families is slagoffers van die tragedie.

  • Mariska

    Liezl: ongelukkig woon ons in Suid-Afrika waar moord van onskuldige mense nie deur die regering of sy instellings (Polisie) beheer kan word nie. Hierdie harde realiteit, teenstrydig met die Handves van Menseregte, het die onskuldige man op straat in ‘n donker gat van angs, vrees, paranoia en hulpeloosheid gedompel. Geen mens in Suid-Afrika is op enige plek veilig nie – selfs nie in ‘n sekuriteitskompleks nie – kyk maar wat het met Marike De Klerk gebeur? Om terug te kom by jou stelling: ja, in Suid-Afrika "skiet ‘n mens sommer" want met die aggressie wat mense, in hulle huise, vermoor word, is dit ‘n geval van wie skiet eerste.

  • Elizabeth

    Ek wou HUIL toe beelde van Oscar wat van die polisieselle na die hof vanoggend op die tv skerm verskyn het. Sy pragtige suster en broer wat so hard probeer om die media en die "wêreld" van hom weg te hou. Ek vra baie mooi dat Sarie leseresse wat na my mening opgevoede mense is nie hom oordeel en slegsê nie. Onthou ons was nie daar en weet NIE wat alles voorafgegaan het nie. Laat ons almal die goeie onthou wat hy in sy lewe gedoen en vir ander beteken het. Sy familie kry ookbitter seer en swaar nou, dink liefs aan hulle.

    En vroue/meisies onthou EEN les heiruit – as daar geweld van ENIGE aard in ‘n verhouding is – STAP weg! Dadelik. Moenie terugkyk nie. JY gaan hom nie verander nie. Hy het proffesionele hulp nodig en die meeste wat jy kan doen vir so ‘n persoon is om hom te vra om te gaan vir hulp. DIS AL! Weereens ek bid sterkte, vrede en vergiffenis vir Reeva se familie toe en Oscar, jy bly ‘n held in wat jy al bereik het en my gebede is vir jou en jou familie ook.

  • At

    Saam bly en slaap was is en sal altyd sonde bly. Sy beskryf haarself op haar profiel as ‘n "kind van God". ‘n Ware kind van God het nie voorhuwelikse seks en loop op TV stelle 90% naak rond om mans te verlei asof dit niks is nie. Maak nie saak wat mense se mening omtrent saambly is nie, die laaste oordeel behoort aan die Vader en net sy mening tel. Soos die boom val so bly hy le! Oscar jy het iemand vermoor maar ten minste leef jy nog ek hoop jy vind die ware betekenis in wat dit beteken om "kind van God" te wees.

  • Tersia van Heerden

    Wat ‘n ongelooflike ramp – vir die Pistorius familie vir die Steenkamp familie, vir Suid-Afrika en die hele wêreld.

  • Rika Cronje

    Ons moet hande saamvat vir beide familie en vir Oscar. Dit is nie vir ons om te oordeel nie maar die Here self sal oordeel. Oscar ons bid vir jou, want jou las wat jy self gaan moet dra is erger as enige straf menslik maar onthou God alleen kan berusting bring as jy Hom sal toelaat.

  • Hestie van Zyl

    Mag die Here elkeen van ons net help. Dankie Pappa Vader dat geen een van U kinders verder val as tot in U wonderlike Vaderhand nie.

  • Jean

    Hoe ironies. Die oorwegend vroulike lesers van Sarie staan feitlik bankvas en Christelik agter Oscar. Oscar wat ‘n vrou skynbaar koelbloedig deur ‘n toe deur geskiet het. Dit klink alteveel asof aanranding teenoor vrouens as niks afgemaak word. Sarie wys waar jul staan wat vroueregte aanbetref – onttrek die uitgawe met Oscar onmiddellik.