Het jy gehoor?

Oscar Pistorius tango op Italiaanse TV

Volgens sy twiets op Twitter was sy dansmaat, Annalisa Longo, baie geduldig en moes hy hard oefen om dié moeilike dans só vinnig aan te leer.

KLIK by Repubblica.it om die video te sien.

Hy het oor sy ervaring die volgende aan SARIE gesê:

“Dit was groot pret! Om hierdie dans in net ‘n paar ure te leer was nogal ‘n uitdaging. Maar toe ek dit eers reggekry het, het ek dit baie geniet. Ek het ‘n fantastiese dansmaat, Annalisa Longo, gehad en sy het dit vir my baie maklik gemaak om die tango te leer.

“Ek dink darem nie ek sal in die toekoms dans as ‘n stokperdjie beoefen nie, hoewel ek dit baie geniet het. Ek sal die dansery maar vir die pro’s los.”

In die sportwêreld is Oscar bekend as Blade Runner, die paralimpiese atleet van Suid-Afrika wat durf en moed aan die dag lê om altyd nuwe uitdagings aan te pak. Dink maar aan sy kragmetings met nie-gestremde naellopers en die goue medalje wat hy verlede jaar op die wêreld-kampioenskappe in Daegu in Suid-Korea gewen het.

Onlangs is Oscar benoem vir ‘n Laureus-wêreldsporttoekenning in die kategorieë Deurbraak van die Jaar en Gestremde Atleet van die Jaar. Sy groot droom is om vanjaar aan die Olimpiese Spele in Londen deel te neem.

OscarPistorius op Twitter:

What an AMAZING night I had! Thank you to Annalisa and the cast! The judges were way too kind and the audience was special beyond words!

  • Sarie Odendaal

    Sal graag video wil kyk. Kry egter net klank en geen beeld as ek repubblica.it oopmaak. kan iemand help asb?

  • Mariska Bowles

    Wat ‘n inspirasie. En hier sit ek en moan elke dag oor netelige goed. DANS man DANS deur die lewe!!

  • Marike

    Go Oscar!

  • Maranda Fourie

    Oscar, hou so aan, dans is fantasties! Sterkte vir die Olimpiese Spele, hou al my duime vas.

  • Christine

    Great Oscar, ons kan by jou kom leer, ons het alles en kla nog steeds, en jy kom bewys die teendeel, dat jy nie volmaak hoef te wees om te lewe nie….Jy Rock!