Oscar in die Februarie 2013-uitgawe van SARIE
FOTO Leana Clunies-Ross

Oscar in die Februarie 2013-uitgawe van SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Oscar Pistorius-uitspraak: Oscar kry tronkstraf, opgeskort

Regter Masipa het beslis: Oscar is tronkstraf van 5 jaar opgelê (vir strafbare manslag) en 3 jaar vir die nalatige afvuur van ‘n vuurwapen, waarvan 5 jaar opgeskort is. Die straf word gelyktydig uitgedien.

Regter Masipa het Oscar vroeër skuldig bevind aan strafbare manslag ná hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 in sy huis geskiet het.

Die Oscar Pistorius-hofsaak word beskou as die grootste in die SA regsgeskiedenis. Die wêreldmedia het op SA toegesak en gestoei vir ’n vars blik op die tragedie. Op sosiale media was almal skielik pseudo-regsgeleerdes. Maar wat sê die joernaliste wat dáár, in hof GD in Pretoria, was? En al die drama en emosie eerstehands beleef het …

Lees HIER hoe Mia Slabbert, verslaggewer by die radiostasie GROOTFM 90.5 in Pretoria, dié saak ervaar het – veral ná sy uitgevind het dat sy swanger is.

Lees ook