FOTO Instagram / @jackiefilm

FOTO Instagram / @jackiefilm

Het jy gehoor?

Oscar vir Natalie: Jackie-lokprent laat mense gons

Almal gons hieroor: die biografiese fliek Jackie. Die amptelike lokprent is vrygestel en nou sê almal: Oscar vir Natalie Portman!  Sy het reeds haar eerste Oscar gewen, maar 2017 is moontlik haar jaar. Sy is die nuutste aktrise wat die ontslape Jacqueline Kennedy op die silwerdoek gaan vertolk.

Dis 55 jaar sedert die ontslape Jacqueline Kennedy, oftewel Jackie Onassis, in die Withuis gewoon het. Maar ná al die jare bly sy steeds ’n fassinerende figuur. Sy’s al meer as 26 keer op die silwerdoek en klein kassie uitgebeeld.

The stunning #NataliePortman on the red carpet at the #JackieFilm @afifest ✨

A photo posted by JackieFilm (@jackiefilm) on

Kyk die amptelike lokprent hier:

Natalie lyk nie net soos Jackie nie, maar het ook haar stem verander om soos Jackie te klink. In die biografiese fliek Jackie is die fokus op die tydperk ná oud-president John F. Kennedy se sluipmoord.

Kyk die voorsmaak-lokprent hier:

FOTO IMDB

FOTO Instagram / @jackiefilm

 

Die aktrise, wat haar tweede kind verwag, se spel het groot lof van kritici ontvang. Volgens Vanity Fair kan die rol vir haar ’n tweede Oscar sorg! Emma Stone was vir lank glo die voorloper is vir hierdie beeldjie, maar nou het Natalie daardie eer gekry.

FOTO Instagram / @vanityfair

FOTO Instagram / @vanityfair

Kyk ’n uittreksel uit dié fliek hier:  Hier’s ’n oorspronklike onderhoud met Jackie:

Nog ’n aktrise wat baie soos Jackie lyk, Katie Holmes, het haar in 2011 vertolk in die minireeks The Kennedys. Sy is tans besig om ’n opvolg-minireeks te skiet, The Kennedys: After Camelot, wat handel oor die tydperk ná die Withuis.

 

#myinspiration #kennedys #toronto

 

A photo posted by Katie Holmes (@katieholmes212) on

FOTO History

Katie Holmes en Greg Kinnear FOTO History

Lees meer

Natalie Portman is swanger!

Bekendes deel mooi bababoep-foto’s!

Hoe maak Leandie & Amalia reg vir vanaand?