Oscar-wenner Cuba Gooding Jr. by die bokser Stephen Smith. FOTO: Twitter

Oscar-wenner Cuba Gooding Jr. by die bokser Stephen Smith. FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Oscar-wenners skiet reeks in SA

Die spanne van internasionale films en TV-reekse, insluitende twee Oscar-wenners, is eersdaags in Suid-Afrika vir verfilming.

Die Oscar-wenners Cuba Gooding Jr. (Jerry Maguire) en Louis Gossett Jr. (An Officer and a Gentleman) is in Suid-Afrika om aan ’n minireeks vir televisie te skiet, skryf FilmCompany.com

Die reeks, The Book of Negroes, is gebaseer op Lawrence Hill se boek met dieselfde naam. Suid-Afrikaners en Kanadese werk saam aan die produksie.

Akteur Allan Hawco en die Amerikaanse TV-netwerk CBC se uitvoerende direkteur Sally Cato op die stel van The book of negroes. FOTO: Twitter

Akteur Allan Hawco en die Amerikaanse TV-netwerk CBC se uitvoerende direkteur Sally Catto op die stel van The Book of Negroes. FOTO: Twitter

Die gewilde fliek Marvel’s Avengers: Age of Ultron begin ook vandag met verfilming in die Johannesburgse middestad, skryf die koerant The Star. Sterre soos Chris Hemsworth en Scarlett Johansson is onder die bekendes wat in dié fliek speel, maar nie deel is van die span wat vandeesweek in die Johannesburgse middestad werk nie.

In Kaapstad begin die Britse akteurs Dougray Scott (Mission Impossible II) en Kaya Scodelario (Clash of the Titans) volgens FilmContact.com môre (11 Februarie) aan hul fliek, Tiger House, skiet. Dié fliek gaan oor ’n beseerde gimnas wat in haar kêrel se huis bly en haarself skielik teen gewapende rowers moet beskerm. Suid-Afrikaners en Britte werk saam aan dié fliek.

Lily op die stel van haar musiekvideo FOTO: Instagram @lilyallen

Lily Allen op die stel van haar musiekvideo FOTO: Instagram @lilyallen

Dié besoekers aan ons land volg in die spore van Neill Blomkamp, wat sy fliek Chappie saam met Hugh Jackman en ander bekendes in SA kom skiet het. Die Britse sangeres Lily Allen was ook onlangs in die Kaap om haar nuutste musiekvideo op te neem. Dié video is nou bekend gestel. Kyk hier na die video vir haar lied “Air Balloon”.

SA fliekmakers doen ook goed oorsee

’n Suid-Afrikaanse filmspan het ’n meriete-toekenning by die Amerikaanse kompetisie vir die beste kortfilms gewen vir Six Ways to Die, skryf FilmContact.com

Louw Venter neem foto's vir die nuwe fliek Konfetti se plakkaat. FOTO: Facebook

Louw Venter is die regisseur van Six Ways to Die. FOTO: Facebook

Die Afrikaanse akteur en komediant Louw Venter is die regisseur van dié komedie oor vyf kunstenaars wat probeer om bekendheid te verwerf in Suid-Afrika. Die komediant en radio-omroeper Anne Hirsch is een van die sterre in dié produksie.

BRONNE: FilmContact.com, Daily Mail, The Star

010314SRM001R

 

 

In jou nuwe uitgawe van SARIE: Ons praat met Suid-Afrikaners wat deesdae in internasionale rolprente speel, nóú op die rakke!