Het jy gehoor?

Jennifer en George, Angelina en Johnny, Charlize en Brad … hoe is hulle verbind?

En ons wonder hoekom dié skynbaar perfekte paartjies nog nie by mekaar uitgekom het nie. Miskien maak ons nou ‘n paar voorspellings…Sommer net vir die pret!

Jennifer Aniston en George Clooney… sou dit nie die mees perfekte paartjie gewees het nie? Ons dink nogal so. Maar kyk bietjie hoe dié twee wel deur vorige liefdes aan mekaar verbind word:

George ClooneyJennifer Aniston

Jennifer was vir meer as 4 jaar met Brad Pitt getroud. Brad Pitt was vir ‘n vinnige 6 maande aan aktrise Gwyneth Paltrow verloof. Gwyneth en Ben Affleck was vir ‘n ruk ‘n paartjie terwyl Ben en die Emmanuelle-aktrise (ja, daardie omstrede Vrydagaand-grootmens-kykgenot op een van ons TV-kanale), Krista Allen uitgegaan het. En Krista en George Clooney was ‘n paar jaar gelede in ‘n aan-af-verhouding.

Angelina Jolie en Johnny Depp…?

Angelina JolieJohnny Depp

Dit klink ook soos ‘n ‘match made in heaven’ met albei wat so ‘n bietjie van ‘n aweregse siening van die lewe het. Die twee het juis nou saam ‘n fliek gemaak, The Tourist, en ja, die skinderblaaie het behoorlik gegons oor ‘n moontlike affair tussen die twee. Daar is ‘n interessante paadjie wat hulle aanmekaar ‘skakel’. Angelina en sangeres Kylie Minogue het albei met die mooie Oliver Martinez uitgegaan. Kylie was voorheen verbind met sanger Lenny Kravitz terwyl Lenny en sangeres Vanessa Paradis mekaar warm gehou het. En natuurlik is Johnny Depp en Vanessa nou reeds jare bymekaar en die ouers van Lily-Rose Melody en John Christopher “Jack”.

En wat van onse eie Charlize en Brad? Mooi, mooier, mooiste!

Brad PittCharlize Theron

Hulle is slegs deur 4 mense van mekaar geskei. Charlize se vorige liefde Stephen Jenkins het ook met aktrise Winona Ryder uitgegaan. Olivier Martinez (sien ook bo) het met Winona, maar ook op ‘n stadium met Angelina Jolie uitgegaan. En só kom ons dan by Brad uit…

En hoekom sou Sandra Bullock en Tom Cruise nooit liefdesbriewe uitgeruil het nie…Klink ook vir ons na ‘n wenpaartjie. 

Sandra BullockTom Cruise

Só is hulle verbind: Tom het ná hul saam in die fliek, Vanilla Sky, verskyn het, sy bed met Penélope Cruz gedeel. Penélope en Matthew McConaughey het in mekaar se arms beland en Matthew het ook vir Sandra Bullock as ‘n vorige liefde getel.

Ons dink ook nog steeds dat Julia Roberts en Richard Gere van Pretty Woman-faam, perfek bymekaar pas.

Julia RobertRichard Gere

As dinge anders geloop het, kon hulle dalk só in die werklike lewe by mekaar uitgekom het: Julia en akteur Liam Neeson was ‘n paartjie. Liam en Brooke Shields, en Brooke en John F. Kennedy Junior het liefde in mekaar se arms gevind. John F. Jnr en supermodel Cindy Crawford was die allermooiste paartjie waarna Cindy en Richard Gere trouringe uitgeruil het.

Onwaarskynlike liefde?

 

Diana se liefde, Dodi Al-Fayed, wat saam met haar in die motorongeluk gesterf het, was voorheen aan Brooke Shields verbind.

Richard Gere en Diana Ross – glo dit of nie!

Jennifer Aniston en Adam Duritz (Die rock-groep, Counting Crows, se hoofsanger). Hy’t ook met Jennifer se beste vriendin, Courteney Cox, uitgegaan.

 

 

  • sUyuqd kxxqzuesayjw, [url=http://ockktzrvcump.com/]ockktzrvcump[/url], [link=http://swxghtjzcgxf.com/]swxghtjzcgxf[/link], http://nopageidljuh.com/