victor_matfieldfamilie
Het jy gehoor?

Oud-Springbok Victor Matfield verjaar!

Oud-Springbokkaptein Victor Matfield verjaar! Dié kranige rugbyspeler word vandag 39 jaar oud, net ’n paar dae nadat hy vir ’n tweede keer sy rugbystewels opgehang het. Dié keer is dit wel finaal. 

Hy het Saterdag vir die laaste keer op die veld uitgedraf vir die Engelse klub die Northampton Saints, wat Gloucester met 28-20 geklop het.

Nog voor sy skuif na die Engelse klub was Victor reeds ’n rugbylegende. Nadat hy jare vir die Blou Bulle gespeel het, het hy die Springbokke in 23 toetswedstryde as kaptein gelei.

Die gewese Blou Bul en sy vrou, Monja, skop die nuwe hoofstuk in hul lewe af met ’n lekker Italiaanse vakansie. Op sosiale media sê sy dat sy en Victor die grootste deel van die laaste 12 maande apart was. Sy is verheug om uiteindelik gehaltetyd met haar man deur te bring.

Die paartjie het dié foto’s op hul sosiale media gedeel:

 

Victor en Monja is in 2003 getroud en het drie pragtige dogters, Jaime, Giselle en Tassie.

Veels geluk, Victor!

20160429_VGB Tag

Lees nou

Sink & Freestate … vele SA rolprente by Cannes

Só lyk Sylvester Stallone se dogter

Via se Sieners gesels karre & kar-apps!