FOTO: Facebook  Harry Butler Daft

FOTO: Facebook Harry Butler Daft

Het jy gehoor?

HARTSEER NUUS: Oudkrieketkaptein Clive Rice oorlede

Clive Rice, voormalige krieketkaptein van Suid-Afrika, het vroeër vandag in die hospitaal gesterf, berig Netwerk24.

Die 66-jarige Clive het ’n gewas op sy brein gehad waarvoor hy vroeër vanjaar behandeling in Indië ontvang het. Hy het in Maart na Suid-Afrika teruggekeer en is Sondag weer in die hospitaal opgeneem.

Intussen stroom boodskappe van medelye op sosiale media in. Voormalige Protea Herschelle Gibbs het getwiet: “Ek is jammer om van Clive Rice se afsterwe te hoor. Hy was ’n wyse kaptein en het die wedstryd hard gespeel.”

Nog ’n oud, nasionale krieketspeler het dié sosiale media-platform gebruik om hulde te betoon.

Bron: Netwerk24 en EWN