Het jy gehoor?

Ouer en mooier – modelle se geheim

Modelle soos Elle Macpherson (50) en Gisele Bündchen (34) word elke jaar ouer – nes ons almal! – maar tog lyk dié twee mooier as ooit tevore én beter as baie sterre wat nog in hul 20’s is …

Elle, wat in Maart 50 geword het, het verlede week ’n foto van haarself getwiet waarop dit duidelik is waarom sy, omtrent 30 jaar nadat haar loopbaan as model begin het, steeds bekend staan as “The Bod”.

Die Australiese model lyk beeldskoon, gesond en vars in haar bikini. Sy hou ’n glas vas met ’n vloeistof wat na ’n groen smoothie lyk en verwys ook daarna in haar twiet.

FOTO: Twitter  (@ellemacpherson)

FOTO: Twitter (@ellemacpherson)

Só het Elle Macpherson op 49 gelyk

Buiten haar goeie gene is dié groen drankie blykbaar die geheim agter Elle se gesonde voorkoms op 50. Die ma van twee is glo die kunsdirekteur van die gesondheidsorganisasie Welleco, wat onder meer verantwoordelik is vir The Super Elixir, die drankie op die foto, skryf E!Online.

Wees gesond met tuisgemaakte groentesop dié winter

Dis ’n vermenging van groen plante, vitamiene, minerale, Chinese kruie, ensieme, sampioene en meer as 30 ander bestanddele. Dié smoothie bevorder glo jou gesondheid én gee jou ekstra krag.

70% van SA vroue is oorgewig – maak só plan

Gisele Bündchen, wat gister 34 geword het, is ’n kranige yogi en doen gereeld joga. Sy glo harde werk is die enigste manier om haar voorkoms te kry, skryf Boston Herald.

 

Só het Gisele haar verjaardag gevier FOTO: Instagram (@giseleofficial)

Só het Gisele haar verjaardag gevier
FOTO: Instagram (@giseleofficial)

Sy deel graag foto’s op haar Instagram-blad as bewys dat dié vorm van oefening ’n groot rol speel in haar gespierde, maar skraal liggaamsbou.

Sy volg ook ’n gebalanseerde dieet en maak seker dat sy haar liggaam met baie groen bestanddele voed.

Bronne: E!Online & Boston Herald