BtNf-MjrCcAAGOsZ-380x252
Het jy gehoor?

Ouers van kinders in vlugramp praat

Die ouers van drie kinders wat in die Malaysian Airlines MH17-vlugramp dood is, het in ‘n persverklaring oor hul hartseer gepraat.

Anthony Maslin en Marite Norris het hul drie kinders, Mo (12), Evie (10), Otis (8) en hul oupa, Nick Norris, verloor. Al vier familielede was op dié vlug wat op Donderdag 17 Julie vermoedelik deur ’n grond-tot-lug-missiel afgeskiet is. 

BtN-MjrCcAAGOsZ-380x252

Mo, Evie en Otis is in die MH 17-vlugramp oorlede

In die boodskap praat hulle oor hul intense pyn, en sê dat hulle in ‘n hel anderkant die hel is.

Ons kinders is nie meer by ons nie, en ons moet vir die res van ons lewens met dié gruwelike daad saamleef,” lui die verklaring.

“Niemand moet deurmaak wat ons nou moet deurmaak nie, nie eens die mense wat dít aan ons familie gedoen het nie,” lui dit verder.

Geen haat in die wêreld is so sterk soos die liefde wat ons vir ons kinders en hul oupa het nie.”

Verder vertel die ouerpaar van die liefde wat hulle tans omring, en al hul familie en vriende wat  in dié tragiese tyd bystaan.

Lees die volledige verklaring hier

*Intussen het die eerste lyke gister (23 Julie) in Eindhoven, Nederland, aangekom. Familielede sal hulle nou begin uitken.