FOTO: Facebook  Mark Zuckerberg

FOTO: Facebook Mark Zuckerberg

Het jy gehoor?

OULIKE FOTO: Mark Zuckerberg en sy dogter, Max

Die stigter en uitvoerende hoof van Facebook, Mark Zuckerberg, het sy sosialemedia-platform gebruik om ’n skattige foto van hom en sy babadogter met die wêreld te deel, berig People

“Gevul met vrede met klein Max,” het die 31-jarige biljoenêr onderaan dié foto geskryf waar hy die pienkvoet liefdevol aanstaar.

FOTO: Facebook  Mark Zuckerberg

FOTO: Facebook Mark Zuckerberg

Die internet was omtrent aan die gons oor ’n ope brief waarin Max se ouers aangekondig het hulle gaan tydens hul leeftyd 99% van hul Facebook-aandele – tans $45 miljard werd – aan liefdadigheid skenk. Volgens Mail & Guardian gaan dié “geskenk” nie arm mense direk help nie. Kritici meen verder al wat Mark gedoen het was om “geld van sy een sak na die ander oor te dra.”

Mark en sy vrou, Priscilla Chan, is in 2012 getroud.

Mark het vroeër vanjaar bekend gemaak dat hulle baie gesukkel het om met ’n gesin te begin. Hul eersteling is verlede maand gebore.

Bronne: People en Mail & Guardian

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!