img_3925
Het jy gehoor?

Oupa en Ouma nou op TV!

Hier wag lekkerlag op jou, vir die volgende paar Maandagaande. Dié nuwe skreeusnaakse komedie begin op 2 April om 20h00 op kykNET.

Die storie is gebaseer op die gelyknamige verhoogproduksie en is ‘n situasiekomedie wat gebou is om die akteurs Lida en Johan Botha. Hulle vertolk die rolle van Stanley en Debora Vermeulen. Dit handel oor al die uitdagings van oudword en hul aanpassing om grootouers te wees. Patience is op aandrang van hul seun, ‘Seuna’, aangestel as hul verpleër en huishoudster.

Leon Kruger is ‘n bekroonde teksskrywer en TV- en verhoogakteur. Sy nuwe verhoogstuk, Ou blare (met Susanne Beyers, Elsabé Daneel en Joanie Combrinck), is ‘n moet-sien op vanjaar se feeskalender.

Johan, Lida en PatienceJohan en Lida Botha

Johan en Lida BothaJohan en Lida Botha

  • eddie

    grootste klomp stront wat nog ooit aan afrikaners opgedis is