owen wilson
Het jy gehoor?

Owen Wilson praat: “My pa het Alzheimersiekte”

Die akteur Owen Wilson het in ’n ernstige onderhoud met Dallas Morning News openlik gesels oor sy pa, Robert A. Wilson (74), met Alzheimersiekte gediagnoseer is, berig E! News

“As iemand 10 jaar gelede vir my gesê het my pa gaan in dié toestand wees, dat hy 24 uur per dag sorg nodig sal hê, sou ek gedink het ek kan dit nie hanteer nie. Ek sou gedink het dit is nie moontlik nie, maar ongelukkig gebeur sulke dinge in die lewe,” het Owen, wat normaalweg uiters privaat is, in dié onderhoud gesê.

“Jy moet jou bes doen om dít te te aanvaar, want daar is niks anders wat jy kan doen nie. Dan raak jy dankbaar vir die klein dinge soos dat hy by die huis is en omring is met mense wat vir hom lief is.”

Die gemeenskap in Dallas, waar Owen groot geword het en sy ouers steeds woon, is baie ondersteunend. “Dit is wonderlik om te sien hoe die ondersteuning van die gemeenskap ons familie, en veral my ma, hom bemoedig.”

Owen se ma, Laura Wilson, is ’n bekende fotograaf.  Sy twee broers is Andrew en die akteur Luke Owen.

Owen is self ’n pa van twee seuns Robert (4) en Finn (1).

Bronne: E! News en Dallas Morning News

Lees ook

  • ES

    I just love owen. He always has such a soft expression on his face. Luke is hot too.