Pad na jou hart POSTER
Het jy gehoor?

Pad na jou hart maak R10 miljoen

Die Afrikaanse fliek Pad na jou hart het nog ’n mylpaal bereik toe dit vroeër dié week die R10 miljoen-kerf by die loket verbygesteek het.

Liefling is die enigste ander Afrikaanse rolprent wat al dié prestasie behaal het.

Pad na jou hart, ’n romantiese avontuurfliek met Donnalee Roberts en Ivan Botha in die hoofrolle, speel al vir vyf weke in plaaslike teaters. Dit was verlede naweek steeds een van die top-5 rolprente by die Suid-Afrikaanse loket.

Nóg ’n groot prestasie vir Pad na jou hart

Meer as 243 000 mense het die fliek al gaan kyk en met die langnaweek wat voorlê, hoop die fliek se vervaardigers dat kykers steeds na teaters sal stroom om Pieter (Ivan Botha) en Amoré (Donnalee Roberts) se storie te gaan kyk. Die fliek wys nog by 20 teaters reg oor die land.

Eksklusiewe video’s agter die skerms van Pad na jou hart

Ivan en Donnalee het self Pad na jou hart se draaiboek geskryf en boonop ook gehelp om die fliek te vervaardig.

Donnalee en Ivan by die première van Pad na jou hart

Pad na jou hart gaan oor ’n geharde, jong sakeman en ’n boheemse meisie met ’n swerwersiel wat albei dringend in Kaapstad moet kom. Omstandighede dwing die twee om die pad saam aan te durf.

Kyk hier na die lokprent